VIA se gewilde program, Die Kliek (DStv-kanaal 147), is terug met ’n splinternuwe seisoen. In die eerste episode kyk die komediant en aanbieder Schalk Bezuidehout en agt van die nuwe meisies met ’n vergrootglas na die manne se sosiale media, maar op die ou einde moet die man uit die dames wat ingekliek het vir hom, kies wie hy op ’n romantiese afspraak neem.
Ons klop aan by die agt meisies, wat volgens die program se vervaardigers selfs vir Schalk woordeloos gelaat het met hulle spitsvondige kommentaar in die eerste episode...
Wat doen jy graag in jou vrye tyd?