VIA-sjefs se braai-lekkertes: ons beste vleissnitte, tuisgemaakte marinades en ’n ietsie vir vegetariërs

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Marinda Engelbrecht, aanbieder van Maklik met Marinda, Stoofstories en mede aanbieder van Laat die potte prut.
Marinda Engelbrecht, aanbieder van Maklik met Marinda, Stoofstories en mede aanbieder van Laat die potte prut.

Wat is die lekkerste en beste vleissnit en hoekom?

Marinda: Vir my is ’n saaltjoppie die heel lekkerste oor die kole. Maar dit moet lekker dik gesny wees met ’n heerlike vetjie aan. En as daar nog so ’n stertjie onderaan die tjoppie is, is dit nóg lekkerder. Maar dit móét lamsvleis wees wat sowat twee weke lank gehang het. Ek gooi dan ’n bietjie Worcestersous en vars suurlemoensap bo-oor en geur dit met sout en peper terwyl ek braai. ’n Ander ding wat ’n mens baie drinktyd om die kole gee, is ’n staanrib. Dít sit jy net so in ’n hoek binne-in die braai, en so staan-staan kom daai rib ook na ’n kant toe terwyl jy kuier. Ek hou ook van ’n varknek oor die kole. Dis bitter lekker.

Herman: Ek is van die Kalahari en as ek braai, soek ek ’n lamstjoppie. Ek maak ’n eenvoudige marinade van lemoensap, gemmer, knoffel, goeie olyfolie en ’n bietjie heuning. En, as ek nou regtig fênsie wil wees, gooi ek ’n bietjie safraan by daai marinade. Dis ’n truuk wat ek by my “kosvriend” Jamie Oliver geleer het en dit werk goed op ’n lamsnit of selfs ’n beesfilet. Maar om hemelsnaam, moenie die vleis verkool nie en hou op om dit heeltyd te draai. Gooi dit op die kole, laat een kant bruin word, draai om en maak ander kant bruin. Dis al. En los die ego in jou agtersak wanneer jy braai en geniet die vreugde daarvan. Soms word ’n braai ’n hele ego-geveg – wie braai die beste steak, wie se marinade is die beste en wie maak die beste braaibroodjie. Ek hou my maar altyd besig met die bykosse – maar vir sommige mense is selfs dít ’n ego-ding: Daai een se aartappelslaai het kondensmelk in, die ene s’n het ’n duur Franse mosterd by en ’n ander maak sy eie mayo. Dis soms amper soos die Olimpiese Spele en niemand wil hul truuks weggee nie. Dié dat ek sê: Geniet net die samesyn rondom die vuurtjie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.40
+0.3%
Rand - Pond
19.83
+0.0%
Rand - Euro
16.67
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,776.56
-0.2%
Silwer
20.14
-0.6%
Palladium
2,152.00
0.0%
Platinum
937.50
-0.1%
Brent-ruolie
95.10
-3.2%
Top-40
64,726
+1.1%
Alle aandele
71,505
+1.1%
Hulpbronne 10
65,387
+3.2%
Industriële 25
87,072
+0.1%
Finansiële 15
16,239
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos