Riversdal is waar sy siel rus en sy batterye herlaai. “Dis my veilige hawe. Hier by die Spar noem die mense my nog Willempie,” vertel hy. Dis ook op hierdie klein dorpie waar hy geleer is om groot te droom. “Jou drome moet jou bangmaak, het my ouers (Theuns en Sarie) my al vroeg geleer.”
Die leefstyl op sy tuisdorp is wondersoet en hy beny Theuns en Sarie wanneer hy ná ‘n heerlike kuier daar na die stad se gejaag moet terugkeer. “Die lekkerste is om soggens die voordeur oop te swaai en jy hoor geen verkeer nie, net die geraas van die natuur.”