Die voormalige Morning Live-aanbieder Tracy Going se ervaring van gesinsgeweld – eers as kind en later in ’n volwasse verhouding – word beskryf in die toneelstuk Brutal Legacy, wat terug op die planke is.
Die regie is deur Lesedi Job en dit word tot Sondag in die Playhouse-teater in Durban opgevoer.
Going, wat ook ’n bekende radiopersoonlikheid geword het, het die ervaring in haar gelyknamige memoire verwoord. Sy was in ’n kortstondige verhouding met ’n kameraman wat haar mishandel het.