Wanneer vroue moor …

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vroue wat moor is dalk raar, maar wel waar. Ons probeer vasstel hoekom hulle tot sulke uiterstes oorgaan en hoe om dit te voorkom.
Vroue wat moor is dalk raar, maar wel waar. Ons probeer vasstel hoekom hulle tot sulke uiterstes oorgaan en hoe om dit te voorkom.

Episode 3 van die VIA-reeks Outopsie vertel die storie van ’n vrou van Middelburg wat voor stok gekry is nadat sy ’n tweede keer probeer het om van haar gewese man ontslae te raak – die twee woon in dieselfde huis. Eers het sy hom probeer vergiftig en toe dié plan skeefloop, het sy iemand gehuur om hom uit die weg te ruim. Maar die Valke het hiervan te hore gekom en ’n agent gestuur om hom voor te doen as huurmoordenaar. Die vrou het onderneem om hom R100 000 te betaal vir sy dienste en het selfs tydens hul beplanningsgesprek genoem dat sy reeds probeer het om haar eksman te vergiftig, maar dat hy oorleef het. Op die betrokke dag het sy ’n deur oopgelos, die “huurmoordenaar” verwittig en doodluiters gaan werk. Dié het haar gebel en bevestig dat die joppie gedoen is. Maar toe sy uitstap by haar werk, is sy gearresteer en ná ’n ondersoek en ondervraging van haar eksman, het sy skuld erken, en is aangekla van sowel sameswering tot moord as poging tot moord (waaraan sy skuldig bevind is). ’n Verdere ondersoek het getoon dat daar wel ’n geskiedenis van gesinsgeweld was. Die vrou is ’n opgeskorte vonnis opgelê, waarvan ’n deel gemeenskapsdiens is, op voorwaarde dat sy programme vir woedebeheer moet bywoon.

Wat sê die kenners? 

Die probleem met toksikologie-uitslae is dat dit baie lank neem om terug te kom, en ons weet dus nie noodwendig altyd hoeveel gevalle daar is waar persone doelbewus vergiftig is nie. Maar wat sy gewoonlik waarneem, is dat dit meestal gevalle is waar mense self gif inneem, sê die patoloog dr. Hestelle van Staden (die VIA-reeks wentel rondom haar werk). Hestelle sê Aldicarb is ’n soort gif wat vir insekbeheer gebruik word, veral by die kweek van aartappels en katoen. “Die straatnaam daarvoor is Two Step, want jy neem letterlik twee tree en slaan dood neer. Mense sterf gewoonlik vinnig daarvan.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
England 84/5
India 416/10
Rand - Dollar
16.50
-1.3%
Rand - Pond
19.96
-1.0%
Rand - Euro
17.21
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.24
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,810.71
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
1,964.46
0.0%
Platinum
892.00
0.0%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-4.1%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos