Hoekom dink jy is hierdie seisoen van Geldhelde so belangrik om te kyk?
Dis ekstra opwindend: Ons is nie hier om jou finansiële besluite te oordeel of om te preek nie, ons vereenvoudig net daardie geldgesprekke. Geldsake is maar ’n baie emosionele saak en mense sukkel soms om openlik daaroor te praat. Ons wil gesprekke aanraak waarmee mense hulle kan vereenselwig, daarom moet die raad ook pragmaties wees vir kykers.
Watter groot finansiële uitdagings staar mense in die gesig, veral nou na COVID?