Nuwe vermaak vir Paasnaweek op NW24

akkreditasie

Paasfees

Geniet die langnaweek saam met NW24Moenie die naweek in sak en as sit nie. 

Netwerk24 het vervolgverhale, podsendings, luisterboeke, blitssepies en 'n luisterdrama om jou besig te hou.

Vervolgverhale

Die eerste twee topboeke is Kristel Loots se Eendag is nou en Huis van gruwels, soos vertel aan Susan Cilliers. Netwerk24 sal élke dag 'n hoofstuk in die vervolgverhaal vrystel en jou iets gee om dag vir dag na uit te sien.

BOEK 1: Eendag is nou 

Eendag is nou

BOEK 2: Huis van Gruwels

Huis van Gruwels
Lisa met die rooi hare
Lisa met die rooi hare

VIDEO 1: Skrikkerig vir self-isolasie? Lisa met die rooi hare deel wenke!

VIDEO 2: 5 shows om te binge tydens lockdown

VIDEO 3: Oorleef jou familie tydens lockdown

VIDEO 4: Lisa met die rooi hare se lockdown-liedjies

Luisterboek

Man van Cirene

Man van Cirene

Intekenare kan in April na Man van Cirene op Netwerk24 luister.

Dié klassieke topverkoper deur F.A. Venter is Netwerk24 se luisterboek van die maand. Intekenare kan tot 30 April gratis na ’n voorlesing van dié boek op Netwerk24 luister.

Begin die boek luister.

Luisterdrama

Sê maar so long

Luisterdrama

Dis 'n storie oor ’n liefde wat nie kon blom nie, ’n skat wat nooit gevind is nie en ’n plek wat nie meer bestaan nie. Luister nou na Netwerk24 se heel eerste luisterdrama.

Klik hier om die drama te luister.

Blitsreekse

Op en Af

Op en Af

Netwerk24 se blitsreeks, Op en Af, is ’n komedie en volg die lewe van drie paartjies wat in dieselfde woonstelblok in Kaapstad woon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter toe deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn huweliksberader aan.

Begin die reeks kyk.

Die Testament

Netwerk24 se eerste blitssepie is ’n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel ’n storie van geheime en leuens. Dit is die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie. Kyk nou na die 5 minuut episodes.

Kyk die volle reeks hier.

NW24Tv

Groen en Goud

In Groen en Goud vier ons Springbok-legendes soos Naas Botha, Os du Randt, Breyton Paulse, Mannetjies Roux en Errol Tobias se kleurryke loopbane. Ons kuier by die spelers aan huis en gesels met Netwerk24 se joernaliste wat elke dag met die sport woeker.

Begin kyk.

Ete vir Twee

Iemand wat nog altyd twee van hul enkellopende vriende aan mekaar wou voorstel, nooi hulle vir ete. Kupido speel sjef en die paartjie speel koskritici.

Begin kyk.

Kuier-mense

In “Kuier-Mense” is die fokus hoofsaaklik op inspirerende stories uit verskillende gemeenskappe in Suid-Afrika: stories van mense wat die lewe elke dag met ywer en deursettingsvermoe aanpak, en wat so mense se harte aanraak en ander aanspoor om die beste uit die lewe te kry.

Begin kyk.

Blitsbrein Junior

VIA se gewilde vasvraprogram Blitsbrein trek vanjaar ’n jonger baadjie aan en dit is dié keer tyd vir die tieners om mekaar die stryd aan te sê.

Begin kyk.

Geldhelde

Op die geldsakeprogram Geldhelde ontmoet die TV aanbieder, Lucky du Plessis, inspirerende planmakers, entrepeneurs en geldkenners wat hul suksesstories en raad met kykers deel. Daar sal deur die loop van die reeks kennis gemaak word met verskeie komponente van finansies, spaar, beleggings en algemene geldsake wat Jan Alleman en sy beursie raak.

Begin kyk.

Podsendings

Die Blydskap-projek

Blydskap-projek

Antieke wysgere en moderne wetenskaplikes krap eeue lank al kop oor hoe ’n mens op jou gelukkigste kan wees. Die afgelope paar jaar is daar ál meer konkrete antwoorde. So, wat kan ’n mens daadwerklik doen om ’n bietjie gelukkiger te wees?

Dís wat Netwerk24 se eerste podsending, Die Blydskap-projek, uitpluis.

EPISODE 1: Moenie wag nie, skep jou eie blydskap

In die eerste aflewering van die Blydskap-projek vertel Johannes de Villiers van die klein aanpassings wat jy kan maak om jou lewe met ’n bietjie meer vreugde te vul.

Luister nou.

EPISODE 2: Só kan jy meer ‘mindful’ deur die lewe gaan

In die jongste aflewering van die Blydskap-projek, gesels Johannes de Villiers oor die kuns van mindfulness en hoe om jou “vriende” elke dag rondom jou raak te sien.

Luister nou.

EPISODE 3: Is jy gelukkiger as jy getroud is?

In hierdie week se aflewering van die Blydskap-projek, vra Johannes de Villiers: Is enkellopendes régtig ongelukkiger?

Luister nou.

EPISODE 4: Die towermag van vriendelikheid

In die jongste aflewering van Die Blydskap-projek, gesels Johannes de Villiers met Ivor Price oor die mag van vriendelikheid.

Luister nou.

EPISODE 5: Ek is omring deur p**ph***e!

In die jongste aflewering van Netwerk24 se podsending, Die Blydskap-projek, gesels Johannes de Villiers oor praktiese wenke om gelukkig te bly as ander mense storms in jou lewe veroorsaak.

Luister nou.

EPISODE 6: Daar ís blydskap in die grysskap!

Daar ís blydskap in die grysskap, verduidelik Johannes de Villiers in die jongste episode van Die Blydskap-projek. Luister saam om uit te vind wat die geheim van gelukkig oudword is.

Luister nou.

Koninklike Knieknik met Arlene Prinsloo

Koninklike knieknik

EPISODE 1: Die laaste sien van Harry en Meghan as koninklikes

In die eerste aflewering van Netwerk24 se podsending Koninklike Knieknik praat Arlene Prinsloo oor Harry en Meghan en hul besluit om hul lewens as koninklikes agter te laat.

Luister nou.

EPISODE 2: Die prins en die seksskandaal

Prins Andrew het in die binnekamers van die superryk én veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein gekuier. Wat presies weet Andrew en hoekom wil hy nie praat nie? In die jongste aflewering van Netwerk24 se podsending, Koninklike Knieknik, vertel Arlene Prinsloo meer.

Luister nou.

EPISODE 3: Wanneer gaan die koningin haar stilte oor COVID-19 verbreek?

Covid-19 het die koninklike familie getref nadat prins Charles positief vir die virus getoets is. In die jongste aflewering van Netwerk24 se podsending, Koninklike Knieknik, vra Arlene Prinsloo: Wanneer gaan die koningin haar stilte oor dié dodelike pandemie verbreek?

Luister nou.

EPISODE 4: Totsiens maar nie vaarwel vir Harry en Meghan

Dis totsiens, maar nie vaarwel nie vir Harry en Meghan wat vandeesweek amptelik van hul pligte as koninklikes weggestap het. In dié aflewering van Koninklike Knieknik kyk Arlene Prinsloo terug na al die draaie wat hul verhouding al geloop het en die toekoms in Los Angeles wat op dié twee wag.

Luister nou.

Werkfiks 

Werkfiks

In hierdie podsending gesels Renaldo Schwarp oor alles wat jy as student nog altyd oor werk wou weet. Die doel? Om jou werkfiks te kry.

EPISODE 1: Tyd vir 'n side-hustle? 

Hoe kies 'n mens die perfekte side hustle en hoe balanseer 'n mens dit met studies? Dít is die vrae wat Renaldo Schwarp in die eerste episode van Die Student se podsending, Werkfiks, gaan beantwoord. Sy gas? Radio-omroeper en televisie-aanbieder, Zoë Brown.

Luister nou.

EPISODE 2: Só kweek jy 'n gesonde verhouding met geld 

Dis soms moeilik om 'n gesonde verhouding met geld te kweek, want as student het jy gewoonlik heeltemal te min daarvan! Renaldo Schwarp vra in die tweede episode van Werkfiks vir radio-omroeper, Sherlin Barends, raad oor hoe om met jou eerste salaris uit te kom.

Luister nou.

Dis nou die perfekte tyd om 'n luisterdrama te skryf

Luisterdrama

Netwerk24 nooi skrywers in 2020 weer uit om ’n luisterdrama vir Netwerk24 te skryf. Die luisterdrama moet in die formaat van ’n radiodrama geskryf word. Dit sal opgeneem word en op Netwerk24 uitgesaai word. En die prysgeld? ’n Stewige R100 000!

Klik hier vir al die inligting.

besig om te laai... Regstreeks
West Indies 0
New Zealand 43/2
besig om te laai... Regstreeks
Maritzburg United 0
Moroka Swallows 0
Rand - Dollar
16.16
+0.6%
Rand - Pond
19.62
+1.0%
Rand - Euro
16.59
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,801.08
+0.7%
Silwer
20.76
+2.2%
Palladium
2,236.50
-2.3%
Platinum
965.50
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos