Netwerk24 se nuwe blitsreeks, Minder as niks, spring met ’n vaart weg. Dit behels ’n spannende joernalistieke ondersoek na die moord op drie tienermeisies dekades gelede.
Trix Vivier is uitstekend geplaas as die vurige ondersoekende joernalis Ami Prinsloo, wat op gevaarlike plekke vir die waarheid en geregtigheid gaan snuffel. Maar sy het ook met haar eie demone te kampe.
Tobie Cronjé trek sy grapjas, waaraan ons nou al gewoond geraak het, hier uit en hy beklee ’n ernstiger rol as Johan Botha, die vermeende moordenaar van die drie meisies.