Netwerk24 het onlangs ‘n nuwe opvoedkundige versameling video’s en podsendings bekend gestel. Onder die vaandel van LeerSaam wil ons graag lesers bemagtig met inligting oor ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe.
Die reeks, genaamd Geestesgesondheid, word deur Lise Swart van Wie Is Ek?-faam, bekende TV- en radio-persoonlikheid, aangebied. Hierdie podsendingsreeks wat uit vier episodes bestaan, is eksklusief vir Netwerk24 opgeneem.
Onderwerpe soos hierdie en meer word bespreek:
- Is jy ok? – Lise gesels met sielkundige Louis Awerbuck oor die belangrikheid daarvan om sielkundige simptome raak te sien en jouself volgens jou denke, jou gedrag en jou gevoel te toets.
- Veerkragtigheid – Veerkragtigheid is een van die belangrikste vaardighede om die stres van die lewe op ‘n gesonde manier aan te pak. Lise vra die sielkundige Johannes Schickerling hoe ouers hul kinders veerkragtigheid kan leer
- Hoogs sensitiewe persone – Is jy iemand wat maklik reageer op kritiek of is jy besonder sensitief vir ander se buie en emosies? Lise tree in gesprek met die sielkundige Anton Böhmer oor hierdie persoonlikheidstipe.
- Alzheimer se siekte – Kan alle probleme met geheue aan Alzeimer se siekte gekoppel word of nie? Die sielkundige Anton Böhmer werp meer lig op demensie en geheue.
LUISTER NA DIE VOLLE REEKS
Hierdie reeks is vanaf 1 November 2021 op Netwerk24 beskikbaar.
Indien jy enige voorstelle het vir soortgelyke reekse of temas, stuur gerus ‘n e-pos aan madelein.venter@media24.com