Net soos jy kies om fisiek gesond te wees deur byvoorbeeld reg te eet, gereeld te oefen en jouself dop te hou vir simptome van griep en verkoue, behoort dit ‘n noodsaaklike deel van jou lewe te wees om dieselfde op ‘n sielkundige (psigiese) vlak te doen.
Lise Swart gesels met sielkundige Louis Awerbuck oor die belangrikheid daarvan om sielkundige simptome raak te sien en jouself volgens jou denke, jou gedrag en jou gevoel te toets.