Netwerk24 het in 2021 ‘n opvoedkundige versameling video’s en podsendings bekend gestel. Onder die vaandel van LeerSaam wil ons graag lesers bemagtig met inligting oor ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe.
Die tweede reeks, genaamd Geestesgesondheid, is deur Lise Swart van Wie Is Ek?-faam, bekende TV- en radio-persoonlikheid, aangebied. Hierdie podsendingsreeks wat uit vier episodes bestaan, is eksklusief vir Netwerk24 opgeneem.
AGHS (ADHD) – Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteurnis - AGHS is 'n probleem wat kinders se ontwikkeling benadeel. Die kern van die probleem is dat die kind se aandag maklik afgelei word of dat oormatig hiperaktiewe gedrag hom of haar verhinder om op 'n taak te konsentreer. Lise Swart gesels met die kliniese sielkundige Johannes Schickerling oor hoe ouers hierdie diagnose moet benader en verstaan.