Welkom by LeerSaam, die nuwe videoreeks waar ons saam kan leer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Netwerk24 stel binnekort ’n nuwe opvoedkundige versameling video’s en podsendings bekend. Onder die vaandel van LeerSaam wil ons graag lesers bemagtig met inligting oor ’n wye verskeidenheid van onderwerpe.

Die eerste reeks, genaamd Kuberveiligheid, het ten doel om mense in te lig oor die gevare wat met die internet en tegnologie verband hou, nie net vir volwassenes nie, maar ook vir kinders en jong volwassenes wat daagliks aan sosiale media blootgestel word.

Die aanbieder van die reeks is Rianette Leibowitz. Sy is ’n Brand SA Play your Part-ambassadeur, skrywer, televisie- en radioaanbieder en ’n digitale ouerskapkenner.

Die reeks bestaan uit drie episodes van tussen ses en 10 minute lank.

Die volgende temas word bespreek:

  • Hou jou kinders veilig;
  • Beskerm jouself teen kubermisdadigers; en
  • Die risiko’s van die internet.

Die eerste episode is vanaf Maandag 18 Oktober hier op Netwerk24 beskikbaar om te kyk, waarna ’n nuwe episode elke Maandag tot 1 November beskikbaar gemaak sal word.

Indien jy enige voorstelle het vir soortgelyke reekse of temas, stuur gerus ’n e-pos na madelein.venter@media24.com.


Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.63
+0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.84
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.32
+0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos