
Netwerk24 het in 2021 ’n nuwe opvoedkundige versameling video’s en podsendings bekend gestel. Onder die vaandel van LeerSaam wil ons graag lesers bemagtig met inligting oor ’n wye verskeidenheid van onderwerpe.
Die derde reeks genaamd Wynwaardering word in samewerking met die Cape Wine Academy aangebied. Die reeks dek drie temas wat elk deur ’n Kaapse wynmeester aangebied word. Die verskillende temas is as volg:
* Vinikultuur – die verbouing van wingerdstokke vir wynmaak. Die episode word aangebied deur die Kaapse wynmeester Jacques Steyn, wat ook die besturende direkteur van Jordan-wynlandgoed is;
* Vitikultuur – die breë tema wat die verbouing, beskerming en oes van druiwe insluit. Die episode word aangebied deur die Kaapse wynmeester en wynmaker by Groot Constantia, Boela Gerber; en
* Wynproe – tydens hierdie episode sal die Kaapse wynmeester Lizette Tolken kykers die basiese beginsels van wynproe leer, gesels oor die verskillende variante van wyn en wynwaardering in die algemeen.
Elke episode is nagenoeg 8 minute lank en die reeks is vanaf 1 Desember beskikbaar. Kyk saam en beïndruk jou familie en vriende hierdie feestyd met jou kennis van wyn.
- Die reeks word geborg deur Koelenhof.
Met ’n ryk geskiedenis van 80 jaar het Koelenhof al baie uitdagings in die wynbedryf oorleef, maar hulle is die afgelope paar jaar sterker as ooit.