Die derde reeks in die LeerSaam-reeks genaamd Wynwaardering word in samewerking met die Cape Wine Academy aangebied. Die reeks dek drie temas wat elk deur ’n Kaapse wynmeester aangebied word.
In episode 3 sal die Kaapse wynmeester Lizette Tolken kykers die basiese beginsels van wynproe leer, gesels oor die verskillende variante van wyn en wynwaardering in die algemeen.