Die derde reeks in die LeerSaam-reeks genaamd Wynwaardering word in samewerking met die Cape Wine Academy aangebied. Die reeks dek drie temas wat elk deur ’n Kaapse wynmeester aangebied word.
In episode 1 gesels die Kaapse wynmeester Jacques Steyn, wat ook die besturende direkteur is van die Jordan-wynlandgoed, oor vinikultuur – die verbouing van wingerdstokke vir wynmaak.