Van prostetiese neuse tot die proses om ’n man as ’n vrou te vermom – die grimeerkunstenaar Nicola Roodt het alle truuks uitgehaal vir die produksie van die nuwe Netwerk24-sketskomedie, Ben & Bez.
Roodt, van Pretoria, het ’n meestersgraad in filmprostese en het juis dié opleiding gebruik om die akteurs Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout se voorkoms vir hul verskillende rolle in die reeks te verander.
Hulle is albei in elke episode, maar die episodes volg nie chronologies of tematies op mekaar nie.