Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
Só meen die akteur en musikant Beer Adriaanse, wat vanaf Dinsdag 2 Maart in die Ben & Bez-episode "Vir 'n Coke!" te sien is.
“Ek gaan nie sê watter een die hoofseun en watter een die onderhoofseun is nie,” sê Adriaanse, bekend om sy rolle in Hotel en Fynskrif.