Nooit in sy wildste drome het hy aan die begin van die seisoen gedink sy span sou weer 'n tuis-eindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) hê nie. Maar noudat hulle hier is, sê die Stormers-afrigter John Dobson daar is geen ander opsie as om die VRK-trofee in Suid-Afrika te hou en "Kaapstad te laat glimlag nie". Veral omdat Saterdag se kragmeting met Ierland se Munster voor ‘n rekordskare van meer as 55 000 gaan plaasvind. Kaartjies het binne "2 ure en 26 minute” uitverkoop. Dobson gesels in dié week se episode van Die Onderhoud met Mia Spies oor die groot stryd. Klik op die videoblokkie hier onder om die onderhoud te sien.