Kort gelede is die werke van die kunstenaar Johan Stegmann as deel van Aardklop by die Voortrekkermonument uitgestal. Sy kuns spreek tot sy herkoms as Afrikaner, maar by nadere betragting, bevraagteken dit ook baie dinge uit die Afrikaner se verlede.
Dit is met die oog daarop dat Ivor en Rudi hom vandag uitvra oor kuns.