Waar val mense vas wanneer dit by versoening kom? Dis die vraag wat Rudi Swanepoel en Ivor Swartz aan hul gas Lidia Rauch stel in die tweede aflewering van Ons vir jou.
Rauch was lank betrokke by georganiseerde politiek. Op haar Instagram-rekening is foto's waar sy saam met politici soos Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, en Natasha Mazzone, DA-LP, vir die kamera glimlag.