IN VANDAG SE EPISODE:
Roelien, Ami se junior kollega, pleit om by die podsending betrokke te raak. Ami se verlede as ’n Olimpiese swemkampioen spook ná jare steeds by haar.
Die hoërskoolonderwyser Johan Botha (Tobie Cronjé), is in die 1990’s lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op drie tienermeisies. Hy’t sy onskuld volgehou. Dis 30 jaar later en Johan is op mediese parool vrygelaat. Hy nader die misdaadjoernalis en voormalige Olimpiese swemmer, Ami Prinsloo (Trix Vivier), wat hy reken hom sal help om sy onskuld te bewys. Die reeks volg alleenloper Ami wat moet leer om saam met haar kollega, Roelien Salie (Devonecia Swartz), te werk aan ’n poduitsending wat poog om die destydse saak te heropen en bloot te lê. Maar soos hulle waarhede opdiep, wakker hulle hondsdol spoke aan.