Deel

Op en Af: Episode 1

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Wat is Op en Af?

Dit is ’n aanlyn blitsreeks wat deur VIA en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai word. Netwerk24-intekenare kan tot einde April elke weeksdag na ’n vyf-minuut-episode van Op en Af op Netwerk24 kyk.

Hoe werk ’n aanlyn blitsreeks?

Ons reik elke weeksdag een episode om 08:00 op Netwerk24 uit. Moenie bekommerd wees as jy dit nie dadelik kan kyk nie, al die episodes gaan vir ’n onbeperkte tyd op Netwerk24 wees. As jy dus ’n episode misloop, kan jy maklik later die dag, die volgende dag of oor die naweek opvang.

Waaroor gaan Op en Af?

Dit is ’n komedie en volg die lewe van drie paartjies wat in dieselfde woonstelblok in Kaapstad woon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter toe deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn huweliksberader aan.

Wie speel in Op en Af?

Charlton George en Quanita Adams vertolk die rol van André en Bev Mouton. Hulle is die paartjie wat die langste getroud is. Hulle lyk gelukkig, maar eintlik het Bev ’n geheime lewe waarvan André niks weet nie.

Neels van Jaarsveld en Nadia Valvekens speel die paartjie Frans en Leandé du Plessis. Leandé is ’n ywerige aanlyn vlogger, terwyl Frans baie suksesvol met aandele verhandel. Maar het Leandé net met Frans getrou vir sy geld?

Die laaste paartjie is Charlie en Ilse Daniels, vertolk deur Marlo Minnaar en Nicole Fortuin. Hulle is onlangs getroud en nog baie verlief. Hulle wil swanger raak, maar dit blyk makliker gesê as gedaan te wees.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 264/6
West Indies 260/10
besig om te laai... Regstreeks
Zimbabwe 249/10
Netherlands 255/7
Rand - Dollar
18.57
-0.3%
Rand - Pond
22.69
+0.2%
Rand - Euro
19.99
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.36
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
969.69
-1.5%
Palladium
1,397.82
-1.3%
Goud
1,950.76
-1.4%
Silwer
22.38
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos