Ek was 35 jaar oud toe ek dit die eerste keer oorgekom het. ’n Mens vergeet daai dag nooit.
Ek het die oggend niksvermoedend opgestaan, my tande geborsel, netjies aangetrek.
Ek moes die Universiteit van Pretoria besoek. Dis waar dit gebeur het. Op die plein voor die universiteitsbiblioteek se ingang. Daar waar al die mure van rooi baksteen gemaak is.