Dit klink soos ’n cliché uit ’n spanningsverhaal, maar my vriend John was bo in ’n sneeubedekte bergkloof en dae se stap van ander mense vasgekeer toe hy besef het dat hy geen selfoonsein het nie.
Sy motor het in die sneeu vasgeval en die temperatuur was vinnig aan die tuimel.
John, ’n Amerikaner, was in die deelstaat Arizona. Ek het hom geken, deels deur gemeenskaplike vriende en deels omdat hy jare tevore in Zimbabwe skoolgehou het.