Dit is tot siens vir Harry en Meghan, maar nie vaarwel nie.
As jy nie geweet het wie Meghan Markle was voor haar verhouding met prins Harry nie, moenie sleg voel nie. Harry het ook nie geweet wie sy is nie. As die regsassistent Rachel Kane in die Amerikaanse regsdrama Suits was Meghan bekend, maar nou nie só bekend soos sê maar ’n Charlize Theron of ’n Angelina Jolie nie.
Dit is dié rol wat Meghan bekend gemaak het. Voor Suits het sy maar klein rolletjies gehad. In die Amerikaanse sepie General Hospital was sy net op die skerm te sien, haar karakter het nie eens ’n woord gesê nie!