Deel jou #netskepping en jy kan R10 000 wen!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die meeste van ons kom gereeld met sogenaamde “influencers” in aanraking wanneer ons op sosiale media kuier.

Ons kyk hul video's, koop die produkte wat hulle aanbeveel, probeer hul grimeer- en haarstyle na-aap, maar tog weet ons nie wat om hulle in ons eie taal te noem nie.

“Beïnvloeder” klink net nie reg nie.  

Netwerk24 is op soek na ’n Afrikaanse raakvat-woord vir hierdie mense. Deel gerus jou eie #netskepping met ons! Boonop is daar R10 000 se prysgeld op die spel vir die persoon wat met die lekkerste #netskepping vorendag kom.

Wat is ‘n #netskepping?  

Daar is ’n paar riglyne om in gedagte te hou wanneer jy dink aan ‘n #netskepping vir die woord “influencer”:  

• Die woord moet kort en maklik wees.

• Dit moet aan Afrikaanse spel- en taalreëls voldoen.

• Dit moet ’n eiesoortige woord of samestelling wees.  

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Januarie 2022. Lesers sal ook ’n geleentheid kry om vir hul gunsteling-vertaling te stem. Die wenner sal teen 12 Februarie 2022 op Netwerk24 aangekondig word.  

VUL DIE VORM IN OM DEEL TE NEEM! 

  
Bepalings en voorwaardes:

Die wenvertaling sal deur ’n interne paneel van Netwerk24, asook ’n paar taalfoendies, gekies word. Die paneel se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Netwerk24 behou hom die reg voor om die wenwoord vir bemarkingsdoeleindes te gebruik.

Netwerk24 behou hom die reg voor om te eniger tyd die riglyne van die kompetisie aan te pas of om te besluit om nie ’n wenner aan te wys nie, sou die inskrywings nie van ’n gewensde standaard wees nie.

besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 203/5
Zimbabwe 302/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.47
-0.6%
Rand - Pond
21.01
-0.2%
Rand - Euro
17.57
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.13
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Goud
1,819.57
+0.0%
Silwer
23.52
+2.2%
Palladium
1,907.50
+1.6%
Platinum
989.67
+1.4%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.8%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.3%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos