Die herfsblare het begin val. Pleks daarvan om dit op te hark en stortingsterrein toe te ry, span dit eerder in as kompos in jou tuin.
Kompos is ’n natuurlike kunsmis wat koolstof en stikstof verskaf. Dit voed jou plante, knap die grond op en help om dreinering te verbeter. Tuisgemaakte kompos herwin tuin- en huishoudelike afval wat andersins na die stortingsterrein sou gaan. Enigiemand kan kompos maak. Die metode wat jy gebruik, hang af van jou beskikbare ruimte en toerusting.
’n Tradisionele komposhoop