Daar is drie tipes bolle wat ewe goed in grond in houers of hidroponies (op klippies wat met water bedek is) gekweek kan word.
Selfs al bly jy in ’n woonstel of het beperkte erfruimte sal ’n bietjie plantwerk in die herfs jou in die lente beloon met ’n skouspel van kleur en geur. Die bolle van hiasinte en affodille is nou by kwekerye en tuinwinkels beskikbaar, maar tulpbolle moet direk van ’n bolkweker soos Hadeco aanlyn bestel word.
Hulle moet dadelik geplant word.