Die petuniawêreld is voortdurend aan die verander, met nuwe reekse wat jaarliks verskyn. Petunias is nie seisoengebonde nie en kan regdeur die jaar geplant word.
Die petunias wat ons plant, is tuinhibriede – dit beteken dat hulle eintlik bio-ontwerpte blomme is wat voortdurend ontwikkel en verbeter word om hul beste eienskappe na vore te bring.
Die petunia se oorvloedige, trompetvormige blomme het ’n speseryagtige geur en is te kry in verskeie kleure, asook tweekleurige en dubbelvariëteite.