Sansevierias (ook bekend as duiwelstong) val nou onder die genus Dracaena. Hulle is taai en droogtebestande vetplante. Sommige het breë swaardvormige blare met ’n leertekstuur, ander weer ’n vreemde voorkoms met buisvormige blare met skerp punte.
Die blare word gewoonlik in ’n rosetvorm gedra. Alhoewel die plante redelik stadig groei, maak hulle sylote (uitlopers) rondom die moederroset, wat mettertyd groot polle vorm.