Die Kaapse kolonie se eerste goewerneur, Simon van der Stel, het ’n groot belangstelling in tuinbou en die botaniese ryk gehad.
Toe hy Stellenbosch in 1687 gestig het, het hy opdrag gegee dat duisende Europese eikebome geplant moet word. Só het die dorp se bynaam, “Die Eikestad”, wortel geskiet.
Van der Stel en die Kompanjiestuine se hooftuinier, Jan Hartog, het ook fluks ’n versameling plante en sade begin saamstel wat na Europa versend het. Hulle was betower deur die ragfyn erikas, vreemde aalwyne en allerlei eksotiese plantspesies wat toe onbekend aan Europa was.