”Oom Louis het gesê mens besit nooit hierdie karre nie, jy is bloot hul beskermheer vir ’n rukkie en dan is dit iemand anders se beurt.”
En Saterdag 5 Desember breek dié beurt vir ander aan wanneer meer as 140 klassieke voertuie uit Louis Coetzer van Bloemfontein se versameling van by die 350 opgeveil word, sê Joff van Reenen, die afslaer van The High St Auction Co., wat die veiling gaan behartig,
Coetzer en sy vrou, Hermien, is in Januarie dood toe hul viertrekvoertuig by ’n krans naby Barkly-Oos in die Oos-Kaap afgestort het.