Op 84 woeker Joey Pienaar nog elke dag in die kombuis in haar huis in die Kokanje-aftreeoord in Modimolle. Al die jare se ervaring agter die kospotte het ook verseker dat sy die wenner is van Tuiskombuis-kampioen se kategorie vir vleis.
Tuiskombuis-kampioen, ’n kookboek wat uit ’n versameling van Beeld-lesers se gunstelingresepte bestaan, is later vanjaar op die rakke.
Pienaar het haar resep vir lamskenkels met rooi- en/of witwyn ingeskryf vir Tuiskombuis-kampioen.