* Hoekom is bye so belangrik? Bye bestuif meer as ’n derde van al die voedingsgewasse op ons pragtige aarde. So, as bye verdwyn, sal groente en vrugte verdwyn en dit beteken geen kos op ons tafels nie.
* Hoe kan jy help? Plant by-vriendelike plante wat bye lok soos vygies, clivias, madeliefies en roosmaryn. Vermy insekdoders in jou tuin en koop plaaslike heuning.
Woodlands Dairy het onlangs lemoenbloeiselheuning, veelvuldige flora-heuning en geroomde heuning onder hul First Choice-handelsnaam bekend gestel. Dit is deel van hul plan om kleinsakeondernemings te ondersteun en die volhoubaarheid van die byebevolking in die Oos-Kaap te verseker.