Met die tweede uitreiking van Kleine Zalze se Project Z-reeks het die wynmaakspan hulself weer eens oortref met ’n paar nuwe wyne wat jou sal verras en verheug.
Die reeks, wat verlede jaar bekend gestel is, se tweede uitreiking is twee weke gelede by The Wine Glass in Stellenbosch gehou, waar die keldermeester RJ Botha meer oor die wyne gedeel het.
“Ons het in 2017 begin eksperimenteer daarmee om die wyne in Italiaanse terracotta amfora-potte te sit. Die idee was dat ons elemente skep wat in die Vineyard Selection- en Family Reserve-reeks gebruik kan word om dit beter te maak,” sê Botha.