Die Paarl bied meer as net wyn vir besoekers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Verskeidenheid van druifsoorte aard goed in die Paarl, maar hier is die shiraz en chenin blanc veral uitskieters.                                        Foto: Ridgeback
’n Verskeidenheid van druifsoorte aard goed in die Paarl, maar hier is die shiraz en chenin blanc veral uitskieters. Foto: Ridgeback

In die hartjie van die Boland kan jy uitsien na meer as net kultuur en geskiedenis, want in die Paarl is daar baie plekke wat wag om deur jou ontdek te word.

Van wyn tot brandewyn, van fynproewersetes tot pieknieks, en van interessante wynproeë tot keldertoere en selfs ’n verskeidenheid van staproetes – hier kan jy elke naweek van die jaar kom kuier en iets nuuts ontdek.

Geborg deur:
  • Bederf die hele familie met ’n opregte wynland-ervaring en ontdek die Huis van Chenin Blanc™, Perdeberg-kelder! Vir meer inligting of bespreking, skakel gerus 021 869 8244, stuur e-pos na info@ perdeberg.co.za of besoek www.perdeberg.co.za.
  • Mellasat, die “Huis van die Wit Pinotage”, is die eerste wynplaas in die wêreld wat ’n wit pinotage gemaak het in 2007! Besoek hulle om dit te proe. Vir meer inligting skakel 021 862 4525, stuur e-pos na tastingroom@mellasat.com of besoek www.mellasat.com.
  • Neem jou vriende en familie om ’n dag te gaan deurbring by Ridgeback en geniet hul fenomenale wyne, smullekker geregte en warm Boland-gasvryheid. Vir meer inligting, skakel gerus 021 869 8068 of besoek www.ridgebackwines.co.za.

Druifsoorte om na uit te sien

Met ’n warm, sonnige somer en koel, nat winter, is die Paarl se klimaat gepas vir ’n verskeidenheid van druifsoorte.

Shiraz en chenin blanc is egter die twee wat die meeste uitstaan. Chardonnay en pinotage vaar ook goed in die area, asook die minder bekende mourvèdre en viognier.

Shiraz is veral een wat deur bykans elke kelder gebruik word met sommiges wat selfs meer as een het om die effek van grondtipe uit te beeld. Maak dus ’n punt daarvan om die verskillende kelders s’n te sien en met mekaar te vergelyk.

Brandewyn se tuiste

Die KWV het nie verniet hul 100ste verjaardag ’n paar jaar terug gevier nie – dit is immers ’n gunsteling in baie Suid-Afrikaners se huis.

Nie net het hulle ’n uitgebreide proelokaal met hul wyn en brandewyn nie, maar daar is ook die House of Fire waar hulle toere en ’n spesiale brandewyn-en-sjokolade-proe aanbied.

Iets vir almal

Die Paarl bied meer as net wyn vir besoekers.

Daar is ’n verskeidenheid eetplekke op wynplase en in die dorp, waar jy van die beste kan proe wat die dorp se sjefs bied.

Dit is prettig in die Paarl met ’n magdom restaurante waar jy gehalte kos en wyn kan geniet. Foto: Perdeberg

Die bistro’s en restaurante wissel van ontspanne familievriendelike plekke tot fynproewers-ervarings. Jy kan dus aansluit vir ’n vinnige middagete óf ’n spesiale aand daarvan maak.

As jy graag tydens jou besoek ’n bietjie wil sweet, is daar heerlike staproetes by onder meer Spice Route en Rhebokskloof. Daar is ook perderitte en vierwielmotorfietsritte vir die hele familie om te geniet.

Besoek winevalleyadventures.com of paarladventuretrails.co.za vir meer inligting.

Kinders sal ook die tuine by Babylonstoren, die bokkies by Fairview en die krokodille by Le Bonheur Reptile Adventures geniet.

Die Paarl-wynroete is jaarliks die tuiste van verskeie geleenthede en feeste wat jy nie moet misloop nie. ’n Volledige kalender kan op die webtuiste gevind word.

  • Om te sien wat jy alles in die Paarl kan doen, besoek paarl-wellington.co.za en volg ook die Facebook-blad @visitpaarl vir meer inligting.
Rand - Dollar
16.42
+0.2%
Rand - Pond
19.84
-0.0%
Rand - Euro
16.69
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,775.44
-0.2%
Silwer
20.15
-0.6%
Palladium
2,160.00
+0.4%
Platinum
936.00
-0.2%
Brent-ruolie
95.10
-3.2%
Top-40
64,726
+1.1%
Alle aandele
71,505
+1.1%
Hulpbronne 10
65,387
+3.3%
Industriële 25
87,072
+0.1%
Finansiële 15
16,239
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos