Die room van SA suiwelbedryf

akkreditasie

Vir die derde keer het ’n tien maande beleë gouda gewys daar skort niks met dié kaas se resep nie, toe die Woolworths Mature Gouda wéér as die Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar aangewys is.

Dié kaas van Lactalis Suid-Afrika, wat uitsluitlik vir Woolworths vervaardig word, is op 26 Maart by Cavalli naby Stellenbosch by die toekenning van die Suid-Afrikaanse Suiwelpryse as die groot wenner aangekondig.

Dit is die derde keer wat die Woolworths Mature Gouda, ’n aromatiese en intens gegeurde kaas, as die Suiwelproduk van die Jaar aangewys word – ’n eerste in die SA Suiwelkampioenskap se 188 bestaansjare.

Byna 900 suiwelprodukte van 68 vervaardigers het in die kompetisie meegeding, met 60 beoordelaars wat die produkte geproe en punte gegee het.

Uit al die inskrywings het slegs agt produkte die Qualité-merk van gehalte ontvang en 106 produkte is as SA Kampioene – die wenners in elke kam-pioenskapklas – aangewys.

“Vir ’n produk om gekies te word as Suiwelproduk van die Jaar in ’n kompetisie van hierdie omvang, is die droom van elke kaasmaker,” sê die suiwelkenner en hoofbeoordelaar Alan Fourie. “Dat hierdie eer vanjaar se wenner van die gesogte titel vir die derde keer te beurt val, is uitsonderlik. Die Woolworths tien maande Mature Gouda is voorwaar ’n produk wat die toets van die tyd deurstaan het, maar bevestig ook die volgehoue gebruik van uitstekende bestanddele. Tegnies en gastronomies is dit so na aan perfek as wat ’n kaasproduk kan kom.”

Marek Warzywoda, hoofbestuurder van Lactalis SA, sê sy span is verheug daaroor dat die besondere Extra Mature Gouda vir ’n derde keer as Produk van die Jaar aangewys is.

“Boonop is dit ook die vierde keer dat ons die algehele toptoekenning in vyf jaar behaal. Die span se harde werk, toewyding en ambisie om produkte van topgehalte te vervaardig, het weer vrugte afgewerp. ”

Die SA Suiwelkampioenskap is volgens Johan Ehlers van Agri-Expo die enigste groot suiwelkampioenskap in die wêreld wat in 2020 en 2021 plaasgevind het.

Talle internasionale suiwelbyeenkomste is in 2020 gekanselleer en in 2021 uitgestel.

Die ontvangers van 2021 Qualité-toekennings saam met die vennote van die SA Suiwelkampioenskap: Voor (van links na regs) is Yusuf Limbada (Woolworths), Donovan van Rooyen (Famous Brands Cheese Company), Johan Boshoff (Fair Cape Dairies), Philip Hanekom (Lactalis South Africa), Bruce Rowbotham (Fairview Cheese Company), Estelle du Preez (De Pekelaar Boerenkaas), André Cornelius (Orchem). Agter is Collin Gibb (Polyoak Packagaing), Oabile Tsiane (Woolworths), Andries Wiese (Hollard), Janet Deel-Smith (Mane), Moses Mokaloba (Lactalis South Africa), dr. Tertius Cilliers (Synercore), Juan de Bruin (Lactalis South Africa), Johan Ehlers (Agri-Expo), Francois Colyn (Clover SA), dr. Mogale Sebopetsa (Wes-Kaapse departement van landbou), Jenny Lombard (AECI Food and Beverage), Alrina Fourie (IMCD) en Bryn Thomas (Tetra Pak).

Qualité-wenners

Clover – Frankfort:

  • Mooi River Salted Butter
  • Clover Salted Butter Mini Tubs

Lactalis South Africa – Ladismith:

  • Woolworths Mature Gouda (tien maande verouder)
  • Président Mature Gouda (ses maande verouder)

Ander:

  • De Pekelaar Boerenkaas Old
  • Famous Brands Cheese Company Steers Processed Cream Cheese Spread – Onion and Chives
  • Fairview Cheese Company Woolworths Chevin with Garlic and Herb
  • Fair Cape Dairies Checkers Vanilla Flavoured Custard

SA kampioene

Produkte van hierdie vervaardigers is 2021 SA Kampioene:

  • Babylonstoren (1)
  • Dairy Corporation (1)
  • Dew Fresh (1)
  • Dutch Goat Farm (1)
  • Famous Brands Cheese Company (1)
  • Klippiesveld Kaas (1)
  • La Montanara (1)
  • Lactalis South Africa - Parow (1)
  • Langbaken Karoo Cheese (1)
  • Mooivallei Suiwel (1)
  • Puglia Cheese (1)
  • Rich Product Corporation (1)
  • Urban Fields (1)
  • Clover Frankfort (2)
  • Clover Lichtenburg (2)
  • Dalewood Fromage (2)
  • Indezi River Creamery (2)
  • Lactalis South Africa - Kyalami (2)
  • Zandam Italian Cheese (2)
  • Belnori Boutique Cheesery (3)
  • De Pekelaar Boerenkaas (3)
  • Foxenburg Estate (3)
  • Klein River Cheese (3)
  • Lactalis South Africa - Ladismith (3)
  • Ladismith Cheese (3)
  • Limpopo Dairies (3)
  • Polar Ice Cream Company (3)
  • Rhodes Food Group (4)
  • Lactalis South Africa - Bonnievale (8)
  • Lancewood Holdings (9)
  • Fairfield Dairy (11)
  • Fairview Wine and Cheese (11)
  • Fair Cape Dairies (14)
Aanlyn

Jy kan vanjaar na die SA Suiwelkampioenskap aanlyn kyk by cheesesa.co.za/sadairyawards. ) Besoek ook die gerieflike webtuiste by cheesesa.co.za vir meer inligting en die volledige uitslae.


Hulpmiddel vir suiwelliefhebbers

Die SA Suiwelkampioenskappe het nie net ’n beduidende invloed op die bedryf nie, dit help ook suiwelliefhebbers om die beste produkte te kies. Danksy die kampioenskap dien die Qualité- en SA Kampioen-pryse as goeie hulpmiddels vir verbruikers as hulle suiwelprodukte wil koop. Dit is ook gerieflik om die wenprodukte uit te ken danksy die Qualité- en SA Kampioen-logo’s wat met trots op kwalifiserende produkte in die handel geplaas word.

“Groot nasionale maatskappye wat produkte in grootmaat vervaardig, en streeksgebonde melkverwerkers neem op gelyke voet hier deel in tien kategorieë (kaas, botter, jogurt, maaskaas, roomys, gegeurde en aangesuurde melk, suiwelnageregte, suiweldoopsouse, vars en UHT-melk en room),” sê Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo.

Hy meen die uitsluitlike doel van die SA Suiwelkampioenskap is om uitnemendheid in die bedryf te bevorder.

“Die publiek kan dus die Qualité-merk vertrou as ’n eerlike en toeganklike hulpmiddel om te verseker dat hulle die beste suiwelprodukte wat ons land bied, kan geniet.”


Wenprodukte mag dié kenmerkende logo’s vertoon. Die gesogte Qualité-toekennings word slegs aan produkte van uitsonderlike gehalte toegeken.

Geborg deur:

Hollard - trotse vennoot van die SA Suiwelkampioenskappe en suiwelboere dwarsoor die land.

Hollard
Hollard: Trotse vennoot van die SA Suiwelkampioenskappe.

besig om te laai... Regstreeks
Cape Town City 0
Maritzburg United 0
Rand - Dollar
16.41
+0.2%
Rand - Pond
19.84
-0.1%
Rand - Euro
16.69
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,775.38
-0.2%
Silwer
20.12
-0.8%
Palladium
2,149.50
-0.1%
Platinum
937.00
-0.1%
Brent-ruolie
95.10
-3.2%
Top-40
64,726
+1.1%
Alle aandele
71,505
+1.1%
Hulpbronne 10
65,387
+3.2%
Industriële 25
87,072
+0.1%
Finansiële 15
16,239
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos