Duimpie Bayly: Verlies en herinneringe

akkreditasie

Wie ook al gesê het niemand is onvervangbaar nie, het beslis nooit vir Duimpie Bayly ontmoet nie.
Met ’n ondeunde glimlag en vonkel in sy oë is hoe Duimpie Bayly altyd onthou sal word.Foto: VERSKAF

Suid-Afrika se wyngemeenskap, van Kanonkop tot Kei­moes, asook hierdie fenomenale man se wye vriendekring in ander lande, is Woensdag stomgeslaan deur die nuus dat Duimpie dood is. Aan ’n hartaanval. Heel gepas, ás daar so ’n dood is, het Duimpie pas teruggekeer van ’n besoek aan Neethlingshof om wyn op te tel. Toe gee sy hart in. Een van die warmste harte wat iemand kan ken.

Francis Carr Bayly het ’n massiewe deel van die Suid-Afrikaanse wynbedryf in sy kort portuur ingepak. Nie dat hy werklik so klein was nie, maar die kinders by St Andrew’s-skool in Bloemfontein het gedink hy is kort genoeg om vernoem te word na die Afrikaanse woord vir ’n klein duim.

Almal wat betrokke was by wyn, het hom geken. En as hulle hom nie geken het nie, het hulle van hom geweet.

Dié seun van ’n Karoo-skaapboer wat oorlede is toe Duimpie slegs 12 was, het in die laat 1950’s Kaap toe gekom om BSc by die Universiteit Stellenbosch te studeer. Om een of ander wetenskapsberoep te betree, maar hy het nog nie geweet presies watter een nie. Wyn het Duimpie geken as ’n belangrike deel van die studentelewe – iets wat hy ten volle uitgeleef het.

Hy het my graag vertel hoe hy gevra is om die universiteitskoshuis te verlaat, sonder die opsie om terug te keer. Die studente-owerhede het blykbaar vir sy ma geskryf en haar in kennis gestel dat haar seun geskors is uit studentebehuising vir “die herhaalde gebruik van sterk drank”.

Hy ontmoet op ’n dag vir Ronnie Melck, die legendariese voormalige direkteur van Stellenbosch Boerewynmakerye (SBW), wat ’n enorme rol in Duimpie se lewe sou speel. In 1962 stel hy Duimpie aan om wynmonsters in die SBW-laboratorium te analiseer.

Duimpie sal 70 word wanneer ek so sê.” Duimpie het op die raad gedien tot 2013, in sy 70’s.

Net daar het die gefermenteerde sap van die druif iets in hom wakker gemaak. Toe is hy na die beroemde Universiteit van Kalifornië, Davis, om wynmaak en wingerdbou te studeer.

Terug met ’n MSc-graad in wynmaak en wingerdbou, plus sy Amerikaanse bruid, Sue, en ’n luidrugtige Mustang-superkar, tref Duimpie die kelders van SBW waar hy wingerdblokke moes uitsoek, kontrakte met wingerdboere onderhandel en baie van die wyne in SBW se legendariese reekse maak.

Hy het deur die wynwêreld se lande gereis waar hy met sy oë geleer het in ander wingerde en verafgeleë kelders. Hier is Duimpie se ongelooflike vaardighede as wynproeër verfyn en in die proses het sy innemende persoonlikheid gesorg dat hy vriende gemaak het net waar hy kom.

So klein soos wat die naam Duimpie impliseer, so groot was sy persoonlikheid en die effek wat hy op mense gehad het. Hy was ’n bedagsame en interessante luisteraar, en iemand met wie jy maklik gesels. So gemaklik soos hy was om te praat met sy kelderwerkers, was hy ook tydens gesprekke met die globale kapteins van die bedryf wat hy bevriend het.

Duimpie was eerste uit die blokke sodra ’n gesprek die geleentheid sou bied vir ’n grappie of ’n storie. Hy was grapperig teenoor ander in sy geselskap met ’n gevatte skerpsinnigheid en was die meester van selfspot – altyd gereed om te lag vir homself.

Dit was maar net so dat jy bly was om vir Duimpie te sien. En hy het sommer altyd gelukkig gelyk om jou te sien. ’n Ondeunde glimlag en ’n vonkel in sy oë, reg om geesdriftig aan te sluit by die gesprek of af te skop met wat ook al hy gehoor of gelees het, of net ’n stuk lewenswysheid oor te dra, waarvan daar baie by hom was.

Ek kan ook nie onthou dat Duimpie ooit sleg gepraat het van enigiemand nie, en swartgallige, negatiewe relase en gesprekke het hom verveel.

’n Glas wyn, verkieslik van die vonkelsoort, sou vir Duimpie gebring word met die ander gaste wat gou sy voorbeeld volg.

Vir my was die rede vir sy positiewe uitkyk op die lewe sy hartstogtelike waardering vir dít wat hy gehad het, die plek waar hy gewoon het en die wêreld waarin hy beweeg het. Daar was liewe Sue op hul kleinhoewe in Vlottenburg, wat gedeel is met Duimpie se geliefde beeskudde. En die vriende, so baie vriende, oud en jonk. Vriende wat hy bevoorreg gevoel het om te hê, net soos ons geseënd was om vir hom te kon gehad het.

En ek dink dit was een van die redes waarom Duimpie so lief was vir wyn, en daarin die vele lae gesien het wat nie dikwels erken word nie. Soos die diverse fasette van die maak, groei, verkoop, studie en gesels oor wyn, wat mense bymekaarbring. Dit alles van wyn se tapisserie, skep lewenslange vriendskappe, en het gesorg dat hy ’n rykdom van vriende kon opbou. Dis wat wyn hom gegee het. Daarom was hy so lief daarvoor.

Sy vriende sou vir Duimpie berge versit. Selfs jare. Vra maar vir die magnaat Johann Rupert.

In Augustus 2010 het Danie de Wet van De Wetshof vir Rupert op sy plaas in Graaff-Reinet besoek. De Wet onthou ’n oproep wat Rupert ontvang het van Jan Scannell, toe besturende direkteur van Distell. Scannell het Rupert se raad nodig gehad oor Duimpie. Sien, met Duimpie wat daardie Oktober 70 sou word, het hy die ouderdom bereik waar aftrede uit Distell se direksie verpligtend is.

Toe sê Rupert vir Scannell: “Duimpie sal 70 word wanneer ek so sê.” Duimpie het op die raad gedien tot 2013, in sy 70’s.

Suid-Afrika sal altyd vir Duimpie dank verskuldig wees vir sy onselfsugtige verbintenis tot die bevordering van die belange van die wynbedryf.

Hy het op meer rade en komitees gedien as wat selfs hy kon onthou: president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wynmaak en Wingerdbou, sowel as van die Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap. Hy was ook die voorsitter van die Suid-Afrikaanse afbakeningskomitee vir die wyn van oorsprong-sisteem, die Wyn-en-Spiritusraad se tegniese komitee en van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou-vereniging. Hy was ook een van die eerste mense wat as ’n Kaapse wynmeester gekwalifiseer het en was ’n gesogte beoordelaar by baie wyn- en brandewynkompetisies.

Ek was gelukkig genoeg om ’n paar vergaderings saam met hom by te woon. Wanneer dit gehou is in ’n kelder se raadsaal en ’n versoek vir koffie of tee word rondom 10:30 gemaak, het Duimpie ’n kamma-ernstige gesig van verbasing getrek, met ’n stoute frons, en dan gekyk na die betrokke gasheer. Hy het dan sy kop in die rigting van die gasheer gestoot om die baas van die plaas sodoende aan te por om die derde drankie van keuse aan te bied, naamlik “ ’n klein ietsie”. ’n Glas wyn, verkieslik van die vonkelsoort, sou vir Duimpie gebring word met die ander gaste wat gou sy voorbeeld volg. Soos Danie de Wet sê: Die Goue Seun van die Kaapse Wingerd.

Nou en dan sou Duimpie met trots verwys na sy Ierse erfenis, maar Ierse digkuns was die een ding waaroor ek nooit met hom kon gesels nie. So, vir jou, Duimpie my pel, ’n paar woorde van W.B. Yeats wat ek gekies het, nou dat jy nie meer langer hier is in vlees nie, maar vir altyd by ons sal wees in gees:

Go ask the springing flowers,

And the flowing air above,

What are the twin-born waters,

And they’ll answer Death and Love.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 76/0
Sri Lanka 397/10
Rand - Dollar
16.23
-0.4%
Rand - Pond
19.91
-0.7%
Rand - Euro
16.89
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.25
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Goud
1,807.79
-0.2%
Silwer
21.31
+1.0%
Palladium
1,961.50
+0.7%
Platinum
940.00
-0.5%
Brent-ruolie
111.22
+3.4%
Top-40
62,316
+0.5%
Alle aandele
69,053
+0.6%
Hulpbronne 10
71,818
+1.5%
Industriële 25
76,874
-0.2%
Finansiële 15
15,864
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos