Gouelokkies, hartebreker, jou naam is beslis pinot noir!

akkreditasie

Henri Jayer, wynmaker van Boergondië, het gesê “the pinot has a pretty robe, glistening and shimmering like a cat’s eye, sparkling like a diamond”. Winnie Bowman deel meer oor pinot noir én vanjaar se wenners van die 2021 Mosaic Top-5.

Vandag vier ons Internasionale Pinot Noir-dag en van al die menigte beroemde en beminde druifsoorte van die wêreld, is dit die een wat die meeste passie, emosie en respek uitlok. En wanneer die pinot noir-gogga jou eers gebyt het, is daar geen terugkeer nie.

Wynliefhebbers van oor die wêreld heen staan tou om hulde te bewys aan die besonderse druifsoort waarvan van die beste en duurste wyne in Boergondië, Frankryk, geproduseer word. Hiervan is die Grand Cru-wyne van Domaine de la Romanée Conti (DRC) seker die bekendste en natuurlik ongelooflik duur en skaars soos hoendertande!

Natuurlik word daar ook in ander plekke in die wêreld, soms onverwags, goeie gehalte pinot noir-wyn geproduseer. Daar is deesdae uitstekende voorbeelde van die beroemde Sentraal-Otago-streek in Nieu-Seeland, Chili, Amerika en Mornington Peninsula in Australië (met baie interessante produsentname – een van my gunstelinge is Ten-Minutes-by-Tractor).

Boergondië bly steeds die moederland vir pinot noir en dis hier waar al die bekendste wynname hul oorsprong het.

Dis is ook een van die oudste edeldruifsoorte en is al in 1375 in geskrifte gevind, maar bewyse van pinot noir strek ver terug na die Romeinse era om en by 100 v.C. In die 15de eeu was hierdie wyne baie gesog onder die adelstand van Dijon en die koning in Parys.

In Frankryk maak hulle só

Die Boergondiese terroir is uniek en die pinot noir-wyne kan groot verskille toon vanweë die spesifieke ligging van die wingerde – daar is verskillende uitdrukkings van die wyn van die spesifieke mikroklimaat van die wingerd.

Die gehalte van Boergondië se pinot noirs is grotendeels afhanklik van die spesifieke wingerdkarakter. Die Franse neem hierdie feit baie ernstig op en die terroir word tot die laaste sentimeter afgebaken en beskerm en baie spesifiek bestuur.

In Suid-Afrika kan ons vir George Canitz bedank vir die eerste kommersiële pinot noir in die Kaap.

Daar is ongeveer 10 500 ha pinot noir-wingerde in Boergondië aangeplant: in die Côte d’Or is 73% van die streek met pinot noir beplant, terwyl omtrent die hele Côte de Nuit onder pinot noir lê.

Pinot noir is ook een van die druifsoorte wat bitter selde (behalwe in Champagne) versny word met ander druifsoorte. In Boergondië is daar wel ’n versnit, passe-tout-grains, waar pinot noir met die Beaujolais-druifsoort gamay versny word.

Wynmakers vertel graag van dié hartebreker, wat soos die sprokieskarakters in Gouelokkies “net reg” behandel wil word – nie te warm nie, nie te koud nie, nie te winderig nie, nie te veel of te min son nie.

Vanweë die dun skil is dit ook besonder vatbaar vir sonbrand, wingerdsiektes en -peste. As die blare nie die trosse genoeg bedek nie, dan brand die druiwe, en as daar te veel bedekking is, dan verhoog die kanse van vrot. Só ’n fyn balans moet in die wingerd gehandhaaf en gemonitor word.

In Frankryk word 43 verskillende klone pinot noir toegelaat, maar daar is etlike honderde. Dit is uiters belangrik dat die regte kloon aangeplant word. Deesdae verkies baie wynmakers die klone met ’n dikker skil om ten minste die swaminfeksie makliker te beheer.

In Suid-Afrika kan ons vir George Canitz bedank vir die eerste kommersiële pinot noir in die Kaap.

Canitz, ’n beroemde kunstenaar, bon vivant en vorige eienaar van Muratie, het saam met prof. Abraham Perold (die vader van pinotage) die eerste pinot noir in 1927 op Muratie aangeplant. Canitz was natuurlik ’n groot pinot noir-liefhebber en volgens hom was die Boergondiese Muratie “sonskyn in ’n bottel; dit maak die hart bly en die tong los”.

Vanjaar se bestes gekies

Benguela Cove
Brew Cru
Elgin Vinters
La Vierge
Richard Kershaw

Vandag maak ons ook die uitslae van die 2021 Mosaic Top-5 Pinot Noir bekend.

Die kompetisie word aangebied deur die Top Five Trust in samewerking met die Suid-Afrikaanse Pinot Noir-vereniging. Die borg, Mosaic Family Office, is ’n vooraanstaande verskaffer van finansiële dienste in Suid-Afrika. Die firma verskaf ’n algehele oplossing vir families en sluit onder meer familiemaatskappy- en trust-administrasie, beleggingsadvies en -geleenthede, fidusiêre dienste en belastingnakomingsdienste in.

Die eienaars van Mosaic is passievol oor gehalte-pinot noir en het die kompetisie op die been gebring om die profiel en status van Suid-Afrikaanse pinot noir te verhoog. Die Mosaic Family Office is ’n trotse langtermyn- ondersteuner van Suid-Afrikaanse pinot noir-rooiwyn.

Hennie Loubser, GR(SA), CFA®?, uitvoerende hoof van Mosaic Family Office, sê: “Die langtermyn-onderhoud van familiewelvaart en die suksesvolle verbouing van pinot noir-rooiwyn is amper ewe moeilik! Die firma sien daarna uit om hierdie merkwaardige druifsoort by te staan om die verdiende erkenning te kry.”

Soos verlede jaar is al vyf die wenners van Elgin en die Hemel-en-Aarde-vallei, wat reeds vir ’n paar jaar hul hande opsteek as die mees vooraanstaande gebiede vir die verbouing van gehalte- pinot noir. Wat die feit nog beter illustreer, is dat vier van die wenners van verlede jaar se kompetisie weer ’n top-5 plek behaal het.

2021 Mosaic Top-5 Pinot Noir-kompetisie

Vir die tweede jaar is die top-5-wenners, asook dié wat meer as 90 punte uit 100 gekry het, aangekondig.

Vanjaar se Mosaic Top-5

Hier is die groot wenners in alfabetiese volgorde:

Benguela Cove Wine Estate Vinography Pinot Noir 2019: Kraakvars rooibessies en spesery. Fyn besnaard, lig op sy voete met diepte en struktuur.

Brew Cru Hemel-en-Aarde Ridge Pinot Noir 2019: Vars aarbei-, spesery- en fynbosgeure. ’n Elegante struktuur en uitstekende balans – sal goed verouder.

Elgin Vintners Pinot Noir 2020: Rooibessie- en roosblaarparfuum, sagte aarbei- en framboosgeure met satyngladde tannienstruktuur en nimmereindigende spesery-nasmaak.

La Vierge Pinot Noir 2017: Delikate lentebloeiselparfuum met elegante uitdrukking, vars kersie- en aarbeivrug in perfekte balans. Een vir die kelder!

Richard Kershaw Wine The Smuggler’s Boot Pinot Noir 2019: Aarbei-, sampioen- en woudvloergeure, delikaat met gekonsentreerde vrugtegeure en ’n lang spesery-nasmaak.

Die wyne wat 90+ behaal het

  • Benguela Cove Wine Estate Pinot Noir 2020
  • Bosman Family Wines Magnum Opus Pinot Noir 2018
  • Bouchard Finlayson Tetê de Cuvèe Pinot Noir 2019
  • Brew Cru Pinot Noir 2020
  • De Grendel Wines Op die Berg Pinot Noir 2019
  • Ghost Corner Pinot Noir 2019
  • Iona Vineyards Elgin Highlands Pinot Noir 2018
  • Lothian Vineyards Pinot Noir Vineyard Selection 2019
  • Lothian Vineyards Pinot Noir Vineyard Selection 2020
  • Nitida Pinot Noir 2020
  • Paul Cluver Wines Estate Pinot Noir 2020
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.04
-1.4%
Rand - Pond
20.67
-1.3%
Rand - Euro
17.44
-1.5%
Rand - Aus dollar
11.30
-1.7%
Rand - Jen
0.13
-1.8%
Goud
1,797.17
+0.2%
Silwer
24.08
-0.3%
Palladium
1,961.53
-2.4%
Platinum
1,013.50
-1.8%
Brent-ruolie
86.40
+0.5%
Top-40
60,874
-0.3%
Alle aandele
67,475
-0.2%
Hulpbronne 10
63,082
-0.9%
Industriële 25
87,253
+0.1%
Finansiële 15
14,054
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos