Dis nie net Beeld-lesers wat tuis in die kombuis is en hoop om die Tuiskombuis-kampioen te word nie, maar ook rubriekskrywers.
Esté Gross (wat ook ’n RSG-omroeper is) het haar gunstelingresep, Ouma Sya se blomtuinsoetkoekies, ingestuur met die hoop dat dit in Beeld se nuwe kookboek, Tuiskombuis-kampioen, gepubliseer sal word.
Gross vertel dat haar oupagrootjie, Japie Labuschagne, in 1927 in Australië gaan studeer het. Hy en Gross se oumagrootjie, Sya, was toe reeds verloof.