Tydens ’n aanlyn seremonie is die wenners van die 19de Old Mutual Trofee-wynskou verlede week aangewys, met Klein Zalze wat as die groot wenner aangewys is.
Dié Stellenbosch-wynplaas het al vorige jare verskeie trofeë by die wynskou gewen, maar dit is die eerste keer dat hulle as die topprodusent vir die jaar aangewys is.
Kleine Zalze het trofee ontvang vir die beste Cap Classique en chenin blanc, twee silwermedaljes en sewe bronsmedaljes, wat alles bygedra het tot drie wen van die Old Mutual Trofee vir die algeheel mees suksesvolle produsent.