Kosbederf, wynproe by die huis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Jy kan eet soos ’n sjef en wyn proe soos ’n sommelier danksy Pick n Pay Wine Club se nuwe Winemakers Table virtual event-reeks – boonop alles in die gemak van jou eie huis.

Pick n Pay
Die Pick n Pay Wine Club se Winemakers Table virtual event-reeks bring die kos en wyn na die gemak van jou eie huis.

Pick n Pay Wine Club bied in samewerking met verskeie wynplase maandeliks hul Winemakers Table aan. Tydens die aanlyn geleentheid kry jy wyne van ’n wynplaas wat saam met happies geproe moet word.

As jy hou van ’n aand van goeie kos en wyn, maar nie altyd lus is om te ry na ’n bestemming nie, is hierdie vir jou!

Hierdie heerlike reeks word die afgelope tyd aanlyn aangebied en bied vir wynklub-lede die geleentheid om in die gemak van hul eie huis die kombinasie van kos en wyn te geniet.

Jy kry ’n skakel om die hele geleentheid aanlyn te kyk waartydens die betrokke wynplaas se wynmaker die wyne met jou sal bespreek en daar is ’n sjef wat jou sal “help” om die happies te maak.

Die geleentheid is vir logistieke redes net beskikbaar vir wynklublede in Kaapstad en Johannesburg. Daar is egter planne in werking om dit in die toekoms uit te brei.

Uitnodigings word eers uitgestuur vir Pick n Pay Wine Club lede en kos R600 per boks (vir twee mense), maar R500 vir dié lede. Vir die geleentheid kry jy dan ’n boks met tot drie wyne en tot drie koshappies wat jy self met behulp van die sjef aanmekaarslaan.

Spasie is beperk met tussen 50 en 80 kaartjies beskikbaar, maar daar is nog drie geleenthede vir die jaar oor. Op 28 Oktober word die wyne van Spier geniet, op 25 November is Krone aan die beurt en op 9 Desember kan jy ’n paar glasies JC Le Roux klink.

  • Besoek www.pnp.co.za/wine-club/join vir meer inligting en om by die Pick n Pay Wine Club aan te sluit. Jy sluit gratis aan by die wynklub en kry dan 3X Smart Shopper-punte op wyn, eksklusiewe maandelikse afslag en meer.
besig om te laai... Regstreeks
Arsenal 0
Liverpool 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.17
+1.0%
Rand - Pond
20.66
+1.0%
Rand - Euro
17.17
+1.3%
Rand - Aus dollar
11.00
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.9%
Goud
1,841.77
+0.1%
Silwer
24.61
+1.9%
Palladium
2,075.50
+3.6%
Platinum
1,050.00
+2.2%
Brent-ruolie
88.44
+1.1%
Top-40
69,587
+0.1%
Alle aandele
76,233
+0.1%
Hulpbronne 10
77,182
+0.2%
Industriële 25
95,831
+0.2%
Finansiële 15
15,111
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos