’n Private versamelaar, wat aan die voet van Tafelberg woon, gaan meer as 1 000 “voortreflike” bottels wyn en whisky wat hy oor die afgelope 60 jaar versamel het, laat opveil.
Die versameling sluit ’n wye verskeidenheid van meestal rooiwyn en Skotse whisky in wat die versamelaar in sy ondergrondse kelder gestoor het.
The High Street Auction Co. in Kaapstad gaan die veiling behartig.