Michelangelo vier ’n kwarteeu

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Suid-Afrikaanse wyn en spiritus het weer die voortou geneem by die 25ste Michelangelo -internasionale wyn-en-spiritualieëkompetisie met ’n hele paar produsente wat meer as twee trofeë gekry het.

Kleine Zalze het die meeste trofeë ingepalm met drie – insluitend vir die beste produsent. Op die foto is (van links na regs) Jean-Pierre Neethling van Kuehne+Nagel, wat al drie trofeë geborg het, saam met Kleine Zalze se Hanri Ferreira (wynmaker) en RJ Botha (keldermeester) met die 2021 Kuehne+Nagel/Vinlog-trofee vir die beste produsent. Foto’s: VERSKAF

Van die 21 trofeë wat vanjaar aan die wennerwyne en -spiritualieë gegee is, het vier produsente bykans die helfte daarvan opgeraap. Kleine Zalze het vanjaar drie trofeë gekry, en Benguela Cove Wine Estate, Nederburg en Oude Molen het almal twee gekry wat sorg vir nege van die totale trofeë.

Vanjaar het die trofeewenners 1,1% van al die inskrywings verteenwoordig. Altesaam 1 890 wyne en spiritualieë is vanjaar ingeskryf vir die kompetisie waarvan 21 trofeë gekry het, 21 spesiale pryse, 16 platinum-medaljes en 118 dubbelgoue medaljes.

Die grootste eer is vanjaar gegee aan Benguela Cove met hul Catalina Semillon 2019 wat die trofee gekry het vir die wyn wat die meeste punte toegeken het. Hul semillon het 98,75 punte uit 100 gekry.

Nóg ’n groot wenner was Kleine Zalze, wat vir hul vier dubbelgoue pryse en twee trofeë vereer is met die trofee vir die topprodusent.

Lorraine Immelman, stigter en organiseerder van die kompetisie, was op die toekenningsgeleentheid vol lof vir die wenners én produsente wat hul wyne vir die kompetisie ingeskryf het.

“Dit is duidelik dat produsente, bemarkers en handelaars die status van die handelsmerk hoog ag en die waarde wat ’n Michelangelo-prys na hul wyne en spiritualieë bring, waardeer,” het sy in ’n verklaring gesê.

Dr. Winnie Bowman, Michel­angelo se tegniese direkteur, het die gehalte van hierdie jaar se wenners geprys. Volgens haar was daar ook baie nuwe produsente wat ingeskryf het en ’n toename in die getal opwindende, innoverende produkte wat deel was van die kompetisie.

Sy sê dít tesame met die konsekwente prestasie van gereelde inskrywers, het vanjaar se kompetisie baie interessant gemaak.

“In die spiritualieë-afdeling was daar baie buite-die-boks denkwyses met eg Suid-Afrikaanse produkte en verpakking wat die oog vang.

“Kleine Zalze het hulself op verskillende platforms gevestig as ’n groot aanspraakmaker in die wynbedryf en die gehalte en konsekwentheid verbeter jaar ná jaar,” sê Bowman.

  • Besoek www.michelangeloawards.com om die volledige resultate te kry.
Michelangelo
Die drie Grand Prix-wenners: Van links is Jaco Brand (Meerhof se wynmaker), Danie Pretorius (bemarkingsbestuurder van Oude Molen), Lorraine Immelman (stigter van Michelangelo), Rian Moore (besturende direkteur van hoofborg Multi-Color Corporation) en Johann Fourie (Benguala Cove se hoofwynmaker).
2021 se trofeewenners
  • Beste Bordeaux-versnit: Aslina Umsasane 2019
  • Beste ouwingerdwyn: Bellingham The Bernard Series Old Vine Chenin Blanc 2019
  • Beste wyngebaseerde RTD (ready to drink): Ben Wren Rosé Spritzer - Grapefruit and Pink Pepper 2021
  • Pinot noir-trofee: Benguela Cove Vinography Pinot Noir 2019
  • Grand Prix-trofee vir wyn met meeste punte: Benguela Cove Catalina Semillon 2019
  • Beste lae/geen alkohol wyn: Boland Cellar Melita Alcohol-free Chenin Blanc 2021
  • Merlot-trofee: Nederburg Private Bin R181 Merlot 2012
  • Museumklas-trofee: Nederburg Two Centuries Cabernet Sauvignon 2012
  • Witversnit-trofee: Flagstone Treaty Tree Sauv/Sem 2018
  • Cap Classique-trofee: Graham Beck Cuvee Clive 2017
  • Top produsent-trofee: Kleine Zalze Vineyard Selection Cabernet Sauvignon 2019
  • Sauvignon blanc-trofee: Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2020
  • Chenin blanc-trofee: Kleine Zalze Family Reserve Chenin Blanc 2020
  • Beste lae/geen alkohol spiritus: Kollegin Alcohol-free Gin Prickly Pear and Elderflower Botanicals
  • Beste spiritusgebaseerde RTD: Kumara Craft Company Cheeky Monkey Seltzer Lemon
  • Dessertwyn Grand Prix-trofee: Meerhof Mooistrooi Strawwine 2021
  • Mees innoverende produk-trofee: Musgrave Copper Black Honey
  • Chardonnay-trofee: Arendskloof Chardonnay 2020
  • Cabernet sauvignon-trofee: Niel Joubert Reserve Cabernet Sauvignon 2015
  • Brandewyn-trofee: Oude Molen XO
  • Grand Prix-trofee vir spiritus met meeste punte: Oude Molen XO
  • Kaapse-versnit-trofee: Perdeberg Endura Winemaker’s Selection Cape Blend 2017
  • Pinotage-trofee: Rooiberg Winery Pinotage Reserve 2019
  • Jenewer-trofee: Benedict’s Blueberry & Elderflower Handcrafted Premium Gin 2021
  • Whisky-trofee: Seven Seals Peated Port Wood Finish
  • Beste organiese-wyn: Stellar Winery Heaven on Earth Organic Muscat `d Alexandrie
  • Shiraz-trofee: Stellenview Kruger Family Reserve Shiraz 2017
  • Mees innoverende  alternatiewe verpakking-trofee: Cape Fynbos Chenin Blanc 2021 2021

Platinum- medaljes

Wyne wat 96 punte en meer gekry het:

  • Chamonix Old Vine Steen 2020
  • Diemersfontein Shiraz 2019
  • Goedverwacht Great Expectations Sauvignon Blanc 2021
  • Mt Vernon Galileo 2015
  • Ladismith Cape Brandy
  • Le Belle Rebelle Solitude Chenin blanc 2019
  • Meerhof Mooistrooi Strawwine 2020
  • Paul René MCC Brut 2017
  • Perdeberg The Dry Land Collection Courageous Barrel Fermented Old Vine Chenin Blanc 2020
  • Petr Skoupil Sauvignon
  • Petr Skoupil Rulandské šedé
  • Stellenrust Chenin Blanc 2019 (geproduseer vir Checkers)
  • Stellenbosch Vineyards Credo Shiraz 2018
  • Daschbosch Mossiesdrift Steen 2020
  • Vrede en Lust Boet Erasmus 2017
  • Weltevrede Philip Jonker Brut The Ring 2013
Ntsiki Bayela (links), eienaar en wynmaker van Aslina Wines, saam met Lorraine Immelman (Michelangelo) met die Bordeaux-versnit-trofee wat sy ontvang het vir haar Umsasane 2019. Umsanane is ’n Zoeloewoord vir die akasiaboom, en was ook Ntsiki se ouma se troetelnaam.
Brendon, Kosie en Marc van Niekerk met die trofee vir die beste jenewer vir hul Benedict’s Blueberry & Elderflower Handcrafted Premium Gin.

Geborg deur:

Paul René

Die oesjaar van 2017 het vele suksesse uit die kalkryke grond van Robertson opgelewer. Die Paul René Brut Chardonnay 2017 is een van hierdie suksesse wat uitstekend gevaar het by verskeie wynkompetisies.

By die Old Mutual-wynskou het hierdie wyn weggestap met ’n trofee vir beste vonkelwyn en by die SA Sparkling Wine Show het dit ’n dubbelgoud gewen voordat goud by die Amorim Cork Cap Classique Challenge verower is. ’n Nuwe hoogtepunt is bereik toe hierdie Cap Classique ook ’n platinum toekenning ontvang het by vanjaar se Michelangelo-toekennings.

Die Paul René Brut Rosé en Nectar vertoon ook deurentyd goed by verskeie wynskoue en wynkompetisies.

Besoek Paul René-wynplaas in Robertson om hierdie wyne te proe of koop aanlyn by paulrenemcc.co.za/shop-2/.

Musgrave 

Musgrave Crafted Spirits het met twee toekenning weggestap by die 2021 Michelangelo -internasionale wyn-en-spiritualieëkompetisie. Hulle Musgrave Copper Black Honey het die trofee vir Innoverendste produk gekry, terwyl Musgrave Copper Vanilla ’n goue medalje huis toe geneem het.

Musgrave, bekend vir hul boetiekjenewer, het in 2018 twee nuwe luukse potgedistilleerde brandewyne die mark ingestuur. Sedertien het dit toekennings ingepalm. Die Copper Vanilla en Copper Black Honey het in 2019 albei goud gekry by die SA Women’s Wine and Spirits Awards en vroeër in 2021 is die Copper Vanilla 4 sterre en die Copper Black Honey 4 ½ sterre deur die Platter’s Wine Guide toegeken.

Copper is luuks, ontwrigtend, gegeur en gemaak om te meng. Dis ’n smaaklike brandewyn met subtiele geure en ’n duidelike Afrika-smaak. Musgrave Copper is meer vir die cognac-drinker as vir die tradisionele brandewyn-drinker, dis die heel beste potgedistilleerde brandewyn gevul met opwindende geure. Dit omhels ’n “hervermenging-tradisie” wat ’n paar van die Afrika-kontinent se mees bekroonde bestanddele saambring. Met toegang tot winterheuning, versamel deur plaaslike gemeenskappe binne die nasionale parke van Zambië, en vanielje van die Indiese Eilande langs die kus van Afrika, sorg die versnit vir ’n smaaklike infusie wat Musgrave Copper topklas maak. Musgrave Copper is meer innemend vir ’n vrouemark met durf en elegansie, wat beteken ons doel is bereik.

Volg hulle op Instagram of besoek www.musgravespirits.com vir verdere inligting

Kollegin 

µa]Ë
Kollegin se reeks bestaan uit boetiek, nie-alkoholiese jenewer wat kollageen bevat.

Kollegin het ontstaan uit 'n stokperdjie van drie Bloemfontein mammas (Annel Oosthuizen, Elizma Maritz en Elani Pretorius), wat 'n vroulike boetiek jenewer wou ontwikkel, met pragtige etikette en produkte. Die reeks bestaan uit boetiek, nie-alkoholiese jenewer wat kollageen bevat en die nuutste Collagen Sparkling Water, wat 'n eerste in Suid-Afrika is. Kollegin het ook geskenke en 'n baie mooi welstand-reeks.

Die jaar het Kollegin goud gewen vir hul Original Boutique Gin asook 'n spesiale trofee vir beste lae/geen alkohol spiritus 2021, by die Michaelangelo International Wine & Spirits Awards. Die produkte is beskikbaar landswyd by verskillende geskenkwinkels en drankwinkels of koop dit op die aanlyn winkel. Besoek www.kollegin.co.za

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.63
+0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.84
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.32
+0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos