Moenie die Agulhas Wine Triangle-fees misloop nie!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Een keer ’n jaar, vir een dag, bied Suid-Afrika se suidelikste wynplase ’n fees van ervarings aan uit die ekstreme wingerdboustreek, die Agulhas Wine Triangle (AWT).

Gaan smul aan gehaltewyne en die heerlike geregte soos net die Agulhas Wine Triangle kan bied. Foto’s: VERSKAF

Dié fees vind plaas op Saterdag 30 Oktober van 10:00 tot 16:00 by Lomond-wynplaas. Die wyn en vlytbier sal perfek aangevul word deur musiekuitvoerings, ’n wynwinkel, sowel as smullekker produkte van plaaslike produsente.

Die span van AWT glo in die woorde van Franklin D. Roosevelt wat sê: “A smooth sea never made a skilled sailor.”

Daar is altyd gedink die Agulhas Wine Triangle is ekstreem, met die wind wat dié gebied vir 362 dae van die jaar piets; die ligging ver van alles; oop vlaktes van historiese grondsoorte waar wingerd verbou word deur mense van die omgewing wat kies om daar te wees; skaap- en koringboere wat daar gebore is en vir geslagte lank daar boer; wyne wat weerspieël vanwaar hulle kom. Maar die laaste jaar het vir hul uitdagings gegee wat niemand verwag het nie: kommersiële storms, inperkings en die onbekende.

Bruce Jack, voorsitter van AWT en eienaar van Bruce Jack Wines, sê met verandering wat hulle voortdurend vergesel, beweeg hulle veerkragtig vorentoe en weier hulle om afgebreek en ondermyn te word.

“Ons pas aan by alle veranderinge, vanaf ’n moeilik-om-te-verdedig-regeringsverbod wat broodwinning vernietig, tot klimaatsverandering. As jy wil weet waar hierdie gees die lewendigste is, kom ontmoet die baanbrekers en avontuurlustiges wat die Agulhas Wine Triangle hul tuiste noem.”

Dié wingerdbougebied is na aan die oseaan waar koel wind en oeroue grondsoorte verbonde aan die Antarktika-landmassa, lei tot elegante wyne met gekonsentreerde vrug en kompleksiteit. Vind by die fees uit hoekom Constantia en Vergelegen geskiedkundig verbind is aan Agulhas, De Hoop, Dyer-eiland en Elim.

Geniet agt van die streek se wynplase: Black Oystercatcher Wines, Giant Periwinkle, Ghost Corner, Land’s End en Strandveld Vineyards, Sijnn Wines, Lomond en Bruce Jack Wines van The Drift.

As jy langer wil bly na dié fees, is daar nog baie om te ontdek aan die suidelikste punt van Suid-Afrika.
Gebruik die geleentheid om nabygeleë kusdorpe soos Struisbaai, Agulhas en De Hoop-reservaat te besoek.

Musiekuitvoerings deur plaaslike kunstenaars saam met vlytbier van Cederberg Brew en Fraser’s Folly sal ‘n feestelike atmosfeer verseker! Die wyn en bier sal perfek aangevul word deur die smullekker produkte van plaaslike boere, voorgesit deur Lomond.

Kaartjies is beskikbaar teen R180 vir volwassenes via Webtickets en by deelnemende Pick n Pay-winkels. Die kaartjies is beperk, so die kans laat verbygaan nie! Dink ook daaraan om langer te vertoef. Bly gerus oor by Black Oystercatcher, Strandveld Vine-yards, De Hoop Collection of die Arniston Hotel met ’n reisplan om meer te ontdek, selfs so ver as Sijnn by Malgas.

Die Agulhas Wine Triangle-fees word met trots ondersteun deur Wesgro as ’n toerismevennoot.

Vir meer inligting, besoek gerus https://agulhaswinetriangle.co.za/festival/.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos