Die Wêreldhartstigting (World Heart Federation – WHF) het sommer vroeg vanjaar ’n paar wenkbroue laat lig met ’n verslag waarin hy gesê het géén alkohol is goed vir kardiovaskulêre gesondheid nie.
In die verlede is ons dan vertel ’n glasie rooiwyn saans is goed vir die hart?
“Ons het gereken dit is belangrik om gesondheidsgevare, sowel as die ekonomiese en sosiale implikasies van alkohol uit te wys. Daar bestaan ’n persepsie, selfs onder gesondheidswerkers, dat dit goed is vir jou hart,” het Beatriz Champagne, voorsitter van die WHF se voorspraak-komitee, in ’n verklaring gesê.