Verlede week het Nespresso in ’n virtuele meesterklas ’n koffie geïnspireer deur Kaapstad bekend gestel as deel van hul World Explorations-reeks.
As ’n huldeblyk aan die Moederstad het hulle die essensie van Kaapstad in die Cape Town Envivo Lungo vasgevang. Dit is ’n koppie koffie vol smake en karakter wat jou sal laat voel of jy in die hartjie van die stad in een van sy vele koffiewinkels sit. Kaapstad vorm deel van die World Explorations-reeks saam met vyf ander stede: Wene, Shanghai, Stockholm, Buenos Aires en Tokio.
Gekruide klapper-koffie