Rosé en Kaapse-versnitte steeds bobaas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dié wyne is vanjaar se Pinotage Rosé-wenners.                                            Foto’s: VERSKAF
Dié wyne is vanjaar se Pinotage Rosé-wenners. Foto’s: VERSKAF

Die Pinotage Rosé-kompetisie wat in 2017 geloods is, word jaarliks gevier in samewerking met die Perold Absa Kaapse Versnit-kompetisie.

Vanjaar se toekenningsaand is gehou by Nitida-wynlandgoed, met die pragtige berguitsig van Durbanville Z ’n perfekte ligging vir ’n vrolike viering.

Die internasionale en plaaslike mark vir rosé is voortdurend besig om toe te neem en dis ’n goeie tendens om jou oog op te hou.

De Wet Viljoen, ondervoorsitter van die Pinotage Assosiasie, sê: “Pinotage rosé bewys dat rosé nie een konsekwente wynstyl verteenwoordig nie. Die wynmakers het bewys hoe delikaat pinotage kan wees. Ons moet hierdie wonderlike wyne aggressief begin bemark.”

Die paneel beoordelaars wat die wenners van die Pinotage Rosé-kompetisie vanjaar gekies het, is Wilhelm Pienaar, Wikus Human, Rudger van Wyk, Elsa du Plessis en Charles Hopkins.

Die uitstekende wingerdpraktyke en uitsonderlike kelderbestuur was duidelik in die gehalte van hierdie kategorie.

Vanjaar was ’n goeie jaar vir die wynmaker en sy span om hul volharding en veerkragtigheid te toon.

Adri Esterhuyse sê: “Pinotage is ’n besonderse Suid-Afrikaanse variëteitswyn en deur dié vennootskap, ondersteun Absa voortreflikheid in die wynbedryf asook Suid-Afrikaanse landbou as ’n geheel.

“Namens Absa, wil ek al die 2021 Pinotage Rosé-wenners gelukwens,” sê sy.

Daar was meer as 27 inskrywings en dit het sedert 2017 net elke jaar toegeneem.

Verskeie wenners van vanjaar se Pinotage Rosé-kompetisie het ook in die verlede gewen by die gesogte Absa Top-10 Pinotage-kompetisie.

Dit dien as bewys van hul vermoë om bekroonde pinotage rosé op te lewer.

Wynmaker Elsa du Plessis met die toekenning vir hul Beyerskloof Pinotage Dry Rosé 2021.
Ed Beukes met die trofee vir die Du Toitskloof Pinotage Rosé 2021.
Louis van der Riet is die wynmaker verantwoordelik vir die Jakkalsvlei Pinotage Rosé 2021.
Thys Louw het die Maastricht Pinotage Rosé 2021 gemaak.
André Scriven, wynmaker van Rooiberg, met die toekenning wat sy Rooiberg Winery Pinotage Rosé 2021 ontvang het.

Die 2021 Pinotage Rosé-wenners is as volg:

  • Beyerskloof Pinotage Dry Rosé 2021 – oorsprong van wyn, Wes-Kaap. Wynmakers: Anri Truter en Elsa du Plessis
  • Du Toitskloof Pinotage Rosé 2021 oorsprong van wyn, Wes-Kaap. Wynmaker: Shawn Thomson
  • Jakkalsvlei Pinotage Rosé 2021 – oorsprong van wyn, Wes-Kaap, Wynmaker: Louis van der Riet
  • Maastricht Pinotage Rosé 2021 – oorsprong van wyn, Kaapstad. Wynmaker: Thys Louw
  • Rooiberg Winery Pinotage Rosé 2021 – oorsprong van wyn, Robertson. Wynmaker: André Scriven.
Dié voortreflike wyne is die wenners van die 2021 Perold Absa Kaapse Versnit-kompetisie. Foto’s: VERSKAF

Die Perold Absa Kaapse Versnit-kompetisie is in 2011 van stapel gestuur om pinotage te bevorder. Pinotage se oorsprong is in Suid-Afrika en dit sal altyd sinoniem met die Wes-Kaap en die land wees.

Daar kan nie na pinotage verwys word sonder dat die naam Abraham Izak Perold – die vader van pinotage – opduik nie.

Daar kan met reg en trots gesê word dat die pinotage-handelsmerk aan Suid-Afrika behoort.

Die instelling van die nuwe kategorie, naamlik Kaapse versnit, met pinotage as ’n belangrike komponent in die versnit, bied ongelooflike bemarkingsvoordele vir Suid-Afrikaanse wynprodusente om hul stempel op die uiters mededingende wynmarkte af te druk.

Die 2021-kompetisie se voorneme is om die wyne wat verbruikers graag wil drink Z hetsy op die wynlys van ’n plaaslike restaurant of by ’n wynwinkel Z te kan aankoop en self beoordeel.

Die paneel beoordelaars wat die 2021-wenners van die Perold Absa Kaapse Versnit gekies het, is Wilhelm Pienaar, Wikus Human, Rudger van Wyk, Elsa du Plessis en Charles Hopkins.

Dié paneel is goed uitgedaag deur die beste Kaapse versnit-inskrywings vir 2021.

Beoordelaars het die wyne volgens hul gehalte en die kundigheid van die wynmaker en wingerdboukundige beoordeel.

Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage Assosiasie, sê: “Die doel van hierdie kompetisie is om die nalatenskap van Abraham Izak Perold te huldig, om voortdurend die gehalte te verbeter en die Suid-Afrikaanse wynbedryf te bemark. Die wenners van vanjaar se kompetisie kan uitermate trots wees op hul nalatenskap in die wynbedryf.”

Die inskrywings kom gewoonlik uit ’n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse wynstreke, in talle style en versnitkombinasies.

Vanjaar se wenners het getoon dat 2017 en 2018 ’n uitstekende oesjaar was.

Anri Truter met die trofee vir die Beyerskloof Faith Cape Blend 2018.
Gerhard Swart is die trotse skepper van die Flagstone Dragon Tree Cape Blend 2018.
Reino Thiart het met die Idiom Cape Blend 2018 vorendag gekom.
Izéle van Blerk het die KWV The Mentors Perold 2019 gemaak.
Charl Schoeman met sy trofee vir die Simonsig Frans Malan Cape Blend 2017.

Die 2021 Perold Absa Kaapse Versnit-wenners is:

  • Beyerskloof Faith Cape Blend 2018 – oorsprong van wyn, Stellenbosch. Wynmaker: Anri Truter Z pinotage/cabernet sauvignon/merlot.
  • Flagstone Dragon Tree Cape Blend 2018 – oorsprong van wyn Wes-Kaap. Wynmaker: Gerhard Swart Z pinotage/shiraz/cabernet sauvignon/durif/cinsault/grenache noir/mourvedre.
  • Idiom Cape Blend 2018 – oorsprong van wyn, Stellenbosch. Wynmaker: Reino Thiart Z pinotage/cabernet sauvignon/merlot/cabernet franc/shiraz.
  • KWV The Mentors Perold 2019 – oorsprong van wyn, kusstreek. Wynmaker: Izéle van Blerk Z pinotage/cabernet sauvignon/shiraz/petite sirah.
  • Simonsig Frans Malan Cape Blend 2017 – oorsprong van wyn, Stellenbosch. Wynmaker: Michael Malan Z pinotage/cabernet sauvignon/merlot.

Geborg deur:

Jakkalsvlei

Besoek Jakkalsvlei in die valleie van die Outeniekwaberge vir ’n heerlike wyn-ervaring. Foto: VERSKAF

Diep in die valleie van die Outeniekwaberge, in die hartjie van die Tuinroete, lê Jakkalsvlei-wynlandgoed.

Dit is ’n gewilde wynplaas met ’n passie vir sy besoekers. Jakkalsvlei se wyn is besonders omdat dit een van net ’n handjievol wyne is wat in hierdie skilderagtige streek gemaak word.

Die landgoed bestaan uit 50 hektaar wingerd, waaruit 17 verskillende wyne geproduseer word, naamlik Jakkalsvlei en die eksklusiewe reeks Lord Jackal. Van hierdie wyne het reeds nasionale en internasionale erkenning ontvang.

Daar word ook twee boetiekbiere, ’n pale ale en lager, onder die Jakkalsvlei-baadjie gebottel.

Jakkalsvlei is heeljaar oop vir besoekers en gaste kan, benewens wynproeë, ook etes in die restaurant geniet.

Indien jy in een van die nabygeleë kusdorpe vertoef, kan jy sommer op jou fiets klim en Jakkalsvlei toe ry. Stortgeriewe is beskikbaar.

Besprekings is noodsaaklik vir die restaurant. Skakel 044 333 0222 of stuur e-pos na info@jakkalsvlei.co.za om te bespreek.

Besoek ook jakkalsvlei.co.za vir meer inligting.

Volg Jakkalsvlei op Facebook by www.facebook.com/Jakkalsvlei en bly op hoogte van al die opwinding!

Beyerskloof

Die Beyerskloof Faith 2018 is as een van die topvyf-wenners in die onlangse Perold Absa Kaapse Versnit-kompetisie aangewys.

Die wyn is ’n versnit van cabernet sauvignon, merlot en pinotage.

Die doel van die kompetisie is gegrond op die bevordering van rooiwyn met verskillende variëteite, waarvan pinotage ’n belangrike komponent vorm.

Die kompetisie identifiseer vyf Kaapse versnitte waarvan die gehalte-eienskappe so uitsonderlik is dat dit ’n betekenisvolle impak op die plaaslike en internasionale wynmark tot voordeel van Suid-Afrika kan hê.

Vir meer inligting oor Beyerskloof-wyne, besoek gerus www.beyerskloof.co.za.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos