Sauvignon blanc bult sy spiere

akkreditasie
Vanjaar se vier Suid-Afrikaanse wyne wat goud by die Concours Mondial du Sauvignon gekry het.
Vanjaar se vier Suid-Afrikaanse wyne wat goud by die Concours Mondial du Sauvignon gekry het.

Diemersdal het vanjaar uitgestaan as die beste plaaslike sauvignon blanc by die 2022 Concours Mondial du Sauvignon waartydens Suid-Afrika altesaam 17 medaljes opgeraap het.

“Met vier goue en 13 sil- wermedaljes uit 1 120 inskrywings van 23 produserende lande, bevind Suid-Afrikaanse sauvignon blanc homself in ’n baie goeie posisie saam met onder meer Frankryk, Oostenryk, Italië en die Tsjeggiese Republiek by hierdie invloedryke kompetisie,” sê RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc Suid-Afrika.

Geborg deur:

Elgin Vintners Sandstone Sauvignon Blanc is deel van Elgin Vintners se terroir-reeks en spog met ’n vol, elegante en gebalanseerde palet met onderliggende mineraliteit en ’n ronde getekstureerde afronding. Besoek elginvintners.co.za vir meer inligting.

Die aantal medaljes het vir Suid-Afrika ’n plek in die topvyflande met die meeste medaljes besorg.

Benewens Diemersdal The Journal Sauvignon Blanc 2021 se goue medalje, het die wyn ook die trofee vir die beste Suid-Afrikaanse wyn by die skou gekry. Diemersdal het ook twee silwermedaljes gekry.

Thys Louw, eienaar en wynmaker van Diemersdal, sê dit is vir hom heerlik om te weet hulle werk met ’n druifsoort waarvan wyndrinkers hou én wat een van die mees suksesvolle kommersiële druifsoorte in die wêreld is.

“Die vraag is daar en nou is dit ons wynmakers se werk om te presteer deur – saam met kommersiële sukses – te weet daar is grootheid in sauvignon blanc,” sê hy.

Vanjaar se beoordelaarspaneel het bestaan uit kenners van meer as 20 lande, wat Suid-Afrika, Australië en Kanada insluit.

Dr. Carien Coetzee van Suid-Afrika, wynkundige van Basic Wine, was ’n voorsitter van een van die proe­panele en sê dat Concours Mondial du Sauvignon nie net die beoordeling goed ge­koördineer en hanteer het nie, maar het ook uitstekende netwerkgeleenthede vir beoordelaars geskep.

  • Besoek cmsauvignon.com vir die volledige lys van uitslae.

Suid-Afrika se 2022-Concours Mon­dial-medaljewenners

Goud

  • Diemersdal The Journal Sauvignon Blanc 2021
  • Delaire Graff Coastal Cuvée Sauvignon Blanc 2017
  • Elgin Vintners Sandstone 2021
  • Vrede en Lust Blanc Fumé 2019

Silwer

  • Neethlingshof Estate Sauvignon Blanc 2021
  • Alvi’s Drift Signature Sauvignon Blanc 2021
  • Diemersdal The Journal Sauvignon Blanc 2021
  • Groote Post Seasalter 2021
  • Zevenwacht 360 Sauvignon Blanc 2020
  • Cederberg Sauvignon Blanc 2021
  • Cilmor Winemaker’s Selection Sauvignon Blanc - Semillon 2021
  • Diemersdal Winter Ferment Sauvignon blanc 2021
  • Ghost Corner The Bowline 2019
  • Turtle House Sauvignon Blanc 2021
  • Elgin Vintners Sauvignon Blanc 2021
  • Uva Mira Sing-A-Wing Sauvignon Blanc 2021
  • Ghost Corner Wild Ferment 2020
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 436/6
Sri Lanka 397/10
Rand - Dollar
15.97
-0.3%
Rand - Pond
19.77
+0.5%
Rand - Euro
16.79
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.19
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,815.59
+0.0%
Silwer
21.64
+0.0%
Palladium
2,092.50
+1.8%
Platinum
962.00
+0.6%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
63,075
+0.1%
Alle aandele
69,782
+0.1%
Hulpbronne 10
72,710
-0.1%
Industriële 25
77,834
+0.1%
Finansiële 15
15,986
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos