Seltzers is hier om te bly

akkreditasie

Die harde seltzer-mark is besig om Suid-Afrika oor te neem. En met die magdom harde seltzers op die mark, verg dit baie om uit te staan.

In Suid-Afrika word dié drankies reeds verkoop, soos SAB se Flying Fish-seltzers.

Die seltzer-mark het reeds groot opskudding in Amerika veroorsaak en verbruikers se lus daarvoor is besig om wêreldwyd toe te neem – ook in Suid-Afrika.

Harde seltzers verwys na alkoholiese gasdrankies wat met verskillende vrugtegeure gemeng word. Die alkohol wat gebruik word, is gewoonlik jenewer, vodka of tequila.

Volgens die marknavorser International Wine and Spirit Research (IWSR) het gereed-om-te-drink-drankies (RTD’s) – wat die kategorie harde seltzer insluit – nie net in 2020 wêreldwyd met 26,4% gegroei nie, maar dit was die enigste drankies in die kategorie wat gedurende die Covid-19-krisis hoegenaamd gegroei het. Die IWSR voorspel dat dit in 2021 met 26,6% sal toeneem.

Die Skinny-seltzers is heerlike drankies met ’n lae alkohol-volume en kalorieë.Foto: VERSKAF

’n Groot deel van die mark is drinkers wat op soek is na ’n gesonder alternatief met ’n lae kalorie-inhoud of laer alkoholvolume.

Een van die harde seltzers om voor uit te kyk, is die smaakvolle Skinny-reeks van Cheeky wat geen kunsmatige versoeters en geurmiddels bevat nie, asook nie bygevoegde suiker nie.

Die Skinny-reeks val iewers tussen ’n gereed-om-te-drink-skemerkelkie en harde seltzer, met net 4% alkohol en tussen 77 en 79 kalorieë per blikkie. Dit is gemaak met regte lemmetjiesap, wat dit ’n wolkerige voorkoms gee.

Die reeks sluit in die vlagskip Skinny B wat van vodka, egte lemmetjie en soda gemaak is; die Skinny M wat ’n mengsel van tequila, egte lemmetjie en soda is; en die Skinny G wat ’n verfrissende alternatief vir ’n klassieke G&T (jenewer met kinawater) is en bevat jenewer, egte lemmetjie en soda.

Nog ’n seltzer wat uitstaan is Vawter–’n reeks gegeurde alkoholiese drankies gemaak met vodka en natuurlike vrugtegeure. Distell het die drankie vroeg vanjaar weer bekend gestel.

Die drankie het ’n lae suiker- en alkoholinhoud (3,5%) en die reeks bevat drie heerlike en verfrissende natuurlike geure – pomelo, komkommer, en suurlemoen en lemmetjie.

Die bierreus SAB het in April vanjaar onder dieselfde naam as sy gegeurde bier Flying Fish ’n reeks harde seltzers bekend gestel. Die drankie is gemaak van water, alkohol, fyn borrels en ’n skeut vrugtesap. Daar is twee geur-opsies – suurlemoen en lemmetjie, en framboos – en albei drankies bevat 1,5 g suiker en 115 kalorieë per blikkie.

Die vervaardigers van Pura Soda het ook ’n seltzer op die mark gesit, genaamd Pura Buzz. Dit is die enigste harde seltzer wat tans op die plaaslike mark is met ’n rum-basis. Daar is drie geur-opsies wat pynappel en klapper; suurlemoen, lemmetjie en kruisement; asook waatlemoen en kruisement, insluit. Elkeen bevat 3 g suiker en 110 kalorieë per blikkie, en is gemaak met 100% natuurlike bestanddele, sonder preserveermiddels of kleurstowwe.

Die Southfields-seltzer kom van die maatskappy wat Jack Black-bier brou en sy inspirasie put uit die “Diep Suide”, en het tans twee geure in die reeks – gemengde bessies en suurlemoenskil. Albei is gemaak van vonkelwater met ’n sweempie natuurlike geur, en bied ’n ligte, skoon smaak en bevat slegs 2 g suiker en 100 kalorieë per blikkie.

Geborg deur:

Pura Beverage stel harde seltzer bekend

Pura Buzz
Die nuwe Pura Buzz-drankies kom in verskillende geure, naamlik pynappel en kokosneut; suurlemoen, lemmetjie en kruisement; asook waatlemoen en kruisement.

Kry daardie partytjie-gevoel met Pura Beverage se splinternuwe harde seltzer in ’n blikkie – ideaal vir diegene wat ’n “live-a-little-Pura”-leefstyl nastreef.

Hierdie heerlike drankie deur die meesterlike mengers van die bekroonde Pura Soda wat die mark op hol geneem het, is beskikbaar in 300 ml-blikkies gereed-om-te-geniet alkoholiese drankies.

Pura Buzz het ’n lae alkohol- en suikerinhoud en ’n skeut uitsonderlike rum wat in eikehoutvate verouder is. Dit is die enigste harde seltzer op die plaaslike mark met ’n rum-basis.

Daar is drie heerlike verfrissende geure – pynappel en kokosneut; suurlemoen, lemmetjie en kruisement; asook waatlemoen en kruisement.

Daar is slegs 3 g suiker en 110 kalorieë in elke blikkie. Dit maak hierdie ’n glutenvrye en verfrissende drankie wat jou maklik elke dag kan opkikker.

Vir meer inligting besoek gerus die webtuiste www.livealittlepura.com of volg Pura Buzz op Facebook by www.facebook.com/PURABuzz. Volg ook hul Instagram by @PURABuzz.

Rand - Dollar
17.17
-0.4%
Rand - Pond
20.71
+0.1%
Rand - Euro
17.82
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.48
+0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,750.98
-0.4%
Silwer
21.27
-0.9%
Palladium
1,854.23
-0.1%
Platinum
986.50
+0.3%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,282
-0.7%
Alle aandele
72,668
-0.7%
Hulpbronne 10
70,388
-1.5%
Industriële 25
87,136
-0.2%
Finansiële 15
16,261
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos